Nuus 18:00
BULLETIN 6 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die RGN sê meer as 80-persent van kiesers vertrou die Verkiesingskommissie
# Twee kinders sterf in ‘n busongeluk in Oos-Frankryk
# En in motorsport: Lewis Hamilton en Charles Leclerc moet nog hul duur fout in Mexikostad bespreek
# Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê meer as 80-persent van die kiesers vertrou die Verkiesingskommissie ná die munisipale verkiesing hierdie week. Benjamin Roberts van die Raad sê die opname toon 81-persent van die kiesers het die OVK vanjaar vertrou, terwyl 83-persent glo hul stemme sal korrek getel word:
# Intussen sê die ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, Raymond Parsons, vanjaar se plaaslikeregeringsverkiesing het ‘n positiewe sein aan beleggers gestuur, wat toon vrye en regverdige verkiesings is goed vir die ekonomie. Parsons sê die uitslae bevestig ‘n verdere verskuiwing na veelparty-koalisies in munisipaliteite, en koalisie-onderhandelinge moet politieke bestendigheid verseker as plaaslike ekonomiese ontwikkeling wil floreer. Hy het bygevoeg alle partye moet verantwoordbaar gehou moet word vir hul beloftes oor dienslewering:
# Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging doen ‘n beroep op die onttrekking van die korting op die jaarlikse invoerkwota van 72-duisend-ton hoender uit die VSA. Dit volg op die aankondiging dat Suid-Afrika van Januarie voorkeurhandelstoegang ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika sal verloor. Die vereniging beplan om met die regsspan van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sowel as die Nasionale Tesourie in gesprek te tree ten einde ‘n formele onttrekking van die toegewing te verkry.
# Twee kinders is dood en 16 mense beseer nadat ‘n bus met skoolkinders vanoggend in die ooste van Frankryk naby die dorp Lent, noordoos van Lyon, in ‘n ongeluk was. Die voertuig het volgens berigte van die pad afgery en teen ‘n boom gebots. Drie van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand. Aanklaers sê 43 mense, insluitend 15 minderjariges, was in die bus wat tussen Lyon en Bourg-en-Bresse onderweg was. Nooddienste het helikopters ontplooi om die beseerdes by te staan. Die owerhede het met ‘n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk begin.
# Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, sê ‘n broodnodige ontmoeting moet nog plaasvind tussen hom en sy Ferrari-spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, ná verlede naweek se voorval tydens die Mexikostadse Grand Prix. Hulle het in die eerste ronde gebots, wat die span ʼn moontlike eerste en tweede plek gekos het. Hamilton glo reëls oor samewerking is noodsaaklik indien Ferrari volgende jaar om die titel wil meeding:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-57-sent teen die dollar, 18-rand-47-sent teen die euro en 22-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 75-duisend-440-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-35-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 101-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….