Nuus 17:00
BULLETIN 25 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Maatskaplike toelaes vir bejaardes en persone met gestremdhede styg tot twee-duisend-400-rand
# Brandstofheffings en sondebelasting styg in ooreenstemming met inflasie
# En, die DA verwelkom die aanvang van toesigmaatreëls in die Wysigingswet op die Nasionale Vervolgingsgesag
# Maatskaplike toelaes word in April vanjaar verhoog, met toelaes vir bejaardes en mense met gestremdhede wat met 80-rand salstyg tot twee-duisend-400-rand. Die onderhoudstoelaag vir kinders styg met 20-rand tot 580-rand en die pleegsorgtoelaag word ook effens verhoog. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het vanmiddag in sy begrotingsrede gesê die aanpassings is daarop gemik om huishoudings te help om stygende lewenskoste die hoof te bied en voortgesette maatskaplike beskerming te bied:
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het aangekondig dat brandstofheffings en die sogenaamde sondebelasting, in ooreenstemming met inflasie sal styg. Die algemene brandstofheffing styg met nege-sent per liter vir petrol en agt-sent vir diesel. Aksynsbelasting op tabak, alkoholiese drankies en elektroniese nikotienprodukte sal proporsioneel styg. Godongwana het in sy begrotingsrede gesê die verhogings is nodig om staatsinkomste te handhaaf en openbare finansies te ondersteun terwyl die impak op verbruikers beperk word:
# Die DA verwelkom die aanvang van Artikel agt van die Wysigingswet op die Nasionale Vervolgingsgesag, wat volgende maand in werking tree. Dit laat ‘n afgetrede regter toe om klagtes teen die NVG se Ondersoekdirektoraat te ondersoek, wat toesig en verantwoordbaarheid sal versterk. Die DA-lid, Glynnis Breytenbach, glo hierdie nuwe toesig-meganisme sal die NVG se geloofwaardigheid verbeter en misdaadbekampings-pogings versterk:
# Die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek is steeds die wêreldleier in sy veldtog teen MIV, met volgehoue vermindering in nuwe gevalle en VIGS-verwante sterftes. Dit word aangevuur deur ‘n kombinasie van voorkoming en verskerping van behandeling. Die fonds se streekdirekteur vir Oos- en Suider-Afrika, Lydia Zigomo, sê hulle verskerp ingrypings om moedersterftes, geslagsgeweld en skadelike gebruike tot die mininmum te beperk.
# Tennis: Die Rus Daniil Medvedev wat elfde op die wêreld ranglys is, vra dat die mans-beroepskalender gestroomlyn word sodat net Grand Slam- en Meesters Eenduisend-toernooie ranglyspunte sal bied. Hy sê dit sal die druk op die voorste spelers verminder as die kleiner toernooie nie punte tel nie, want hulle moet nou elf maande van die jaar speel. Medvedev glo die verwydering van ranglyspunte is die enigste manier om die toer te verkort, maar gee toe sulke hervormings sal moeilik wees om deur te voer.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-85-sent teen die dollar, 18-rand-69-sent teen die euro en 21-rand-44-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-131-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-187-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 71-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….