Nuus 16:00
BULLETIN 1 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof vonnis ‘n landdros se susterskind tot 20-jaar tronkstraf vir haar moord.
# Die AA waarsku oor volgende week se slegte nuus oor brandstofpryse
# En, Rugby: Die Bulle kry die Stormers-ondersteuner Dricus du Plessis om te help om Loftus vol te pak
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Landdros Romay van Rooyen se susterskind tot 20-jaar gevangenisstraf gevonnis vir haar moord. Cassidy Hartzenberg het beken hy het sy tannie in September 2022 in haar huis in Muizenberg, Kaapstad, verwurg nadat sy geweier het om hom geld te gee, en hy het ook haar voertuig gesteel. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hof het die voorkoms van geslagsgeweld erken en hom ook tot ses-jaar gevonnis vir diefstal, met die vonnisse wat samelopend uitgedien sal word:
# Die geskorste Gautengse Hooggeregshof-regter, Tshifhiwa Maumela, sal dié maand voor ‘n Geregtelike Gedragstribunaal verskyn. Die ondersoek, gelei deur die afgetrede Konstitusionele Hof-regter Chris Jafta, spruit uit ‘n klag deur die Gautengse regterpresident, Dunstan Mlambo, oor onder meer buitensporige vertragings met die lewering van uitsprake. Judges Matter se navorsings- en voorspraakbeampte, Mbekezeli Benjamin, sê indien Maumela skuldig bevind word, kan hy moontlik verwyder en vervolg word:
# Die Outomobiel-assosiasie sê die jongste ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds toon dat 95-oktaan petrol Woensdag een-rand-20 sent per liter duurder kan word, terwyl die prys 93-oktaan petrol met een-rand-15 sent per liter kan styg. Die dieselprys sal na verwagting met ongeveer een-rand-18 sent per liter styg en lampolie met 63 sent per liter. Die AA se woordvoerder, Layton Beard, sê die algemene brandstofheffing en Padongelukkefonds-heffing sal onveranderd bly, wat ‘n mate van verligting sal bied:
# Duisende Russe het hul regering verontagsaam en na die begrafnis van die opposisieleier, Alexei Navalny, in Moskou gestroom. Die Kremlin het vroeër gewaarsku ongekeurde byeenkomste vir Navalny sal die wet oortree, maar dit het nie sy ondersteuners afgeskrik om buite die kerk bymekaar te kom nie. Mense is verhinder om in te gaan ure nadat die diens sou begin, met roubeklaers wat sê dit lyk of die regering sy eie scenario van ‘n stille begrafnis probeer instel. Sky News berig skerpskutters kon gesien word op dakke wat oor die kerk uitkyk.
# Rugby: Die Bulle het ‘n swaargewig ingespan om hulle te help om Loftus Versfeld vol te pak in môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Stormers – maar hy is ‘n Stormers-ondersteuner! Die gemengde gevegskuns wêreldkampioen, Dricus du Plessis, sal môre op die stadion wees, terwyl die Bulle se uitvoerende hoof, Willem Strauss, sê hul ondersteuners kom van heinde en vêr. Die gashere het in al sewe hul vorige VRK-wedstryde teen hul aartsvyande verloor en is desperaat om die bordjies te verhang. Teen vanmiddag was al die kaartjies uitverkoop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-15-sent teen die dollar, 20-rand-72-sent teen die euro en 24-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-157-dollar-88-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-53-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-9-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….