Nuus 16:00
BULLETIN 22 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement ondervra Senzo Mchunu oor die Valke se personeeltekorte en bestedings-voorkeure
# Blood Lions is diep bekommerd nadat ‘n leeu in Noordwes ontsnap het terwyl hy vervoer is
# En die Amerikaanse vise-president het nog hoop die skietstaking in Gaza sal hou
# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, moes moeilike vrae beantwoord in die Parlement oor ‘n personeeltekort van twee-duisend-711 by die Direktoraat vir Voorkeur-misdaadondersoeke. Wetgewers kritiseer die toewysing van 100-miljoen-rand aan ‘n tydelike eenheid eerder as om die kritieke afdeling te befonds. Mchunu erken die direktoraat se leierskap is bekommerd oor die tekort aan personeellede, toerusting en hulpbronne. Hy het ook erken die besteding is moontlik verkeerd toegeken en sê hy is bekommerd oor die polisie se hulpbronverspreiding en -waarde:
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê hy is geraak deur ‘n wêreldwye Windows 11-stelselfout na ‘n onlangse Microsoft-opdatering. Die departement sê dit is ‘n wydverspreide probleem wat talle organisasies wêreldwyd beïnvloed en gelei het tot stelselfoute en operasionele ontwrigtings in verskeie omgewings. Woordvoerder Samuel Modipane sê hoewel die saak buite die verantwoordelikheid van die departement val, werk hulle nou saam met Microsoft se ingenieurs om die betrokke toestelle en dienste dringend te herstel:
# Die dierewelsynsorganisasie Blood Lions is diep bekommerd nadat nog ‘n leeu ontsnap het terwyl hy per pad vervoer is. Die dier was van die Vrystaat onderweg na Nietverdiend in die Ramotshere Moiloa Munisipaliteit. Owerhede in Noordwes het bevestig die leeu is veilig gevang. Stephanie Klarmann van die organisasie sê die voorval stel die voortdurende gevare in Suid-Afrika se kommersiële leeubedryf bloot, insluitend swak welsynstandaarde en moontlike permitoortredings:
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse visepresident JD Vance waarsku daar is uitdagings oor die ontwapening van Hamas en die heropbou van Gaza as deel van ‘n wapenstilstand tussen Israel en die Palestynse militante beweging, wat deur Amerika bemiddel is. Vance is in Israel om steun te versterk vir die wapenstilstand en die na-oorlogse heropbouplanne wat deur die sy president, Donald Trump, bemiddel is. Vance het tydens ‘n nuuskonferensie in Kiryat Gat in die suide van Israel gepraat waar ‘n Amerikaans-geleide sending die wapenstilstand monitor. Hy is baie optimisties dat die wapenstilstand sal hou.
# Sokker: Liverpool se mediaspan het Suid-Afrikaners opgewonde gemaak met ‘n Kaapstads-geïnspireerde illustrasie wat spelers aandui wat in ‘n Toyota Quantum op pad na Anfield is. Die plasing beeld kaptein Virgil van Dijk, doelskieter Hugo Ekitike, middelveldspelers Ryan Gravenberch en Dominik Szoboszlai, en die nuutgekontrakteerde doelskieter Alexander Isak uit. Dit wys Tafelberg en ‘n plaaslike nommerplaat vir plaaslike geur. Dit het soos ‘n veldbrand op Instagram versprei, wat mense laat lag en opgewonde gemaak het. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het by die opwinding aangesluit en geskryf “Komaan, Kaapstad!”.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-46-sent teen die dollar, 20-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-26-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-994-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-31-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 62-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….