Nuus 15:00
BULLETIN 13 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die sterftesyfer na die ramp in George styg tot 26
# ‘n Dodelike taverne-skietery veroorsaak ‘n bendeverwante ondersoek in Mitchells Plain
# En, krieket: Ses spanne ding mee om die drie oorblywende plekke in die IPL-uitspeelrondes
# Die sterftesyfer in die gebou-ineenstorting in George het tot 26 gestyg met die reddingsoperasie wat voortduur. Onder die 81 mense in die gebou tydens die ramp is 55 gered, en 13 is nog in die hospitaal. Van 26 is nog nie rekenskap gegee nie. Pogings om die slagoffers uit te ken word opgeskerp en die families met vermiste geliefdes word aangemoeding om die nodige inligting te gee. Die tragedie het gelei tot ‘n nasionale beroep vir psigologies-maatskaplike steunpraktisyns om die oorlewendes by te staan.
# Speurders van die Wes-Kaapse eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdaad ondersoek ‘n skietvoorval in Mitchells Plain. Twee onbekende aanvallers het by ‘n taverne op ‘n groep mans losgebrand. Drie van die mans is dood en ses beseer. Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die beseerde slagoffers is in die hospitaal met ‘n soektog na die verdagtes wat van stapel gestuur is. Hy sê bykomende magte is ontplooi in die bende-geteisterde gebied:
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, prys Suid-Afrika se prestasie van 47 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag. Hy het die media toegespreek by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga en die vordering met beplande onderhoud en verbeterde energiebeskikbaarheid geloof. Hy noem ook ‘n verminderde afhanklikheid van diesel as ‘n positiewe ontwikkeling in die land se energiesektor:
# Krieket: Ses spanne het steeds ‘n realistiese kans om die uitspeelrondes van die Indiese Premierliga te bereik. Net Kolkata Knight Riders het reeds kwalifiseer en Mumbai Indians sal nie die groepstryd oorleef nie. Royal Challengers Bengaluru het danksy vyf agtereenvolgende oorwinnings opgeskiet na vyfde plek op die punteleer. Die ander spanne wat meeding om die oorblywende drie plekke in die uitspeelrondes is Chennai Super Kings, Delhi Capitals, Rajasthan Royals, Sunrisers Hyderabad, Lucknow Super Giants en Gujarat Titans.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-35-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-509-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-339-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-12-sent per vat.
# En ten slotte, die Afrika-sentrum vir Tabakmonitering en Beleidsnavorsing beklemtoon die teiken van jongmense in hierdie maand se teen-tabakveldtog. Met ‘n beraamde 37-miljoen jongmense wêreldwyd wat tabak gebruik, is die fokus op aandag aan die voorkoms van die waterpyp, bekend as hubbly-bubbly, veral in skole. Lekan Ayo-Yusuf van die sentrum moedig die regering aan om ‘n wetsontwerp te aanvaar wat die gebruik van hubbly-bubbly‘s in openbare plekke verbied en om nikotienverslawing te beperk:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….