Nuus 15:00
BULLETIN 16 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingskommissie maak gereed om stembriewe te druk voor stemdag
# Die DA in Gauteng is bekommerd oor die onwettige bedrywighede van die bou-mafia
# En, rugby: Ikeys en Shimlas is deur na die Varsitybeker-eindstryd
# Die Verkiesingskommissie sê die voorbereidings vir die nasionale en provinsiale verkiesing toon beduidende vordering. Veertien-duisend-889 kandidate het sertifikate ontvang en ding mee om 887 setels. Sewentig politieke partye en elf onafhanklike kandidate is nagegaan en die deelnemers bevestig. Geslagsgelykheid toon vordering, met talle partye wat meer as 50-persent vroulike kandidate het. Die hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo, het aan die media gesê kandidaat-demografie toon ‘n meerderheid mans, met die meeste in die ouderdomsgroep tussen 40- en 49-jaar:
# Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering se versuim om onmiddellik teen onwettige bedrywighede van die bou-mafia op te tree, is ontmoedigend. Die bou-mafia het die Montrose Mega City-projek ten bedrae van elf-miljard-rand in Randfontein vir behuising aan 174 verdienstelike militêre veterane tot stilstand gedwing. Mervyn Cirota van die DA sê die mafia-groepe se optrede het ‘n uiters negatiewe uitwerking op behuisingsprojekte in die provinsie:
# ‘n Vissersboot het in die Zambezi-rivier in sentraal-Mosambiek gesink en agt mense, waaronder ses kinders, is dood. Dit volg ‘n week nadat byna 100 mense, baie van hulle kinders, dood is toe ‘n skip sowat ‘n duisend kilometer verder noord gesink het. Die administrateur van die Caia-gebied, Nobre dos Santos, sê die boot het altesaam 12 mense vervoer, hoofsaaklik boere. Twee mense het oorleef en nog twee word vermis
# Rugby: Die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat speel Maandag in Bloemfontein teen die Ikey Tigers van Kaapstad in die eindstryd van die Varsitybeker-kompetisie. Dit volg nadat die Shimlas die Maties gisteraand op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch in ‘n skok-oorwinning 38-24 geklop het. Die Ikey Tigers het daarna in Potchefstroom 32-18 met die NWU Arende afgereken.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-3-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-679-dollar-47-sent. Die prys van goud is twee-duisend-371-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-81-sent per vat.
# En ten slotte, die Stad Tshwane, die Stad Kaapstad en die eThekwini-metro is finaliste vir die nasionale titel van die Wêreldwye Fonds vir die Natuur se Een Planeet, Een Stad-uitdaging. Die stede het erkenning ontvang vir hul verbintenis om klimaatsverandering te beperk en na laekoolstof-vrystelling oor te skakel. Die Stad Johannesburg was in 2022 die wenner. Die nasionale wenner sal met stede wêreldwyd om die internasionale titel meeding. Incentia Modau van die fonds in Suid-Afrika sê die drie stede kan nou leiding neem met die klimaat-agenda.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….