Nuus 14:00
BULLETIN 10 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ANC-leiers voer onderhoude met premierskandidate in sleutelprovinsies
# Die publiek word gevra om Bafana Bafana te ondersteun in sy Wêreldbeker-kwalifiseerder teen Zimbabwe
# En, die sardientjie-loop begin aan die KwaZulu-Natalse suidkus
# Die senior amptenare van die ANC, onder wie president Cyril Ramaphosa, sal onderhoude voer met moontlike premiers in provinsies waar die party ‘n meerderheid het of koalisies aanvoer. Dit sluit die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal uit. Die onderhoude sal die party se riglyne volg, met die voorsitter van die ANC se Verkiesingskomitee, Kgalema Motlanthe, as waarnemer. Die finale kandidate sal aangekondig word voor die provinsiale wetgewersittings op 17 en 18 Junie om nuwe leiers te verkies.
Intussen doen AZAPO ‘n beroep op die land en sy leiers om deur middel van ‘n nasionale forum van voor af te begin. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê daar is geen party met ‘n groot genoeg meerderheid om met ‘n duidelike mandaat te regeer nie. Hy sê enige koalisie of ‘n regering van nasionale eenheid sal die wil van die mense skend en deur selfsugtige en selfbehoudende belange aangevuur word. Rakwena sê so ‘n situasie sal ‘n ramp wees vir die armes wat weer nie gehoor sal word nie:
# Die minister van Bosbou, Vissery en die Omgewing, Barbara Creecy, vra Suid-Afrikaners om te help om marine-besoedeling te verminder deur volhoubare praktyke, soos herwinning, om minder rommel te strooi en te help om strande op te ruim. Oseane beïnvloed weerpatrone, ondersteun verskeie ekostelsels en bied ‘n bestaan aan miljoene mense wêreldwyd, insluitend 40 persent van Suid-Afrika se bevolking wat binne 100 kilometer van die kus woon. Creecy sê baie van die wêreld se oseane bly onontdek, wat die behoefte beklemtoon vir toenemende bewusmaking en bewaring.
# Sokker: Die waarnemende minister van Sport, Kuns en Kultuur, Maropene Ramokgopa, vra Suid-Afrikaners om hulle agter Bafana Bafana te skaar en môre die Vrystaat-stadion in Bloemfontein vol te pak. Suid-Afrika speel teen Zimbabwe in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd. Groep C is nog wyd oop, met slegs drie punte tussen Lesotho in die eerste plek en Zimbabwe onderaan die punteleer. Die departement se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê dit is Bafana Bafana se eerste wedstryd in Bloemfontein sedert 2010:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-74-sent teen die dollar, 20-rand-13-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-422-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-297-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-72-sent per vat.
# En ten slotte: Die jaarlikse sardientjie-loop het begin, met die eerste groot netvangs wat aan die KwaZulu-Natalse suidkus aangemeld is. Hibberdene en Lucienstrand naby Margate het die eerste vangste aangeteken. Hierdie natuurverskynsel bevoordeel inwoners en visondernemings en lok roofdiere soos walvisse en haaie, sowel as internasionale besoekers. Die skool sal na verwagting mik na Durban, afhangend van wind en strome. Intussen is strande in Amanzimtoti en die omgewing vir swemmers gesluit as gevolg van die sardientjie-loop en die gepaardgaande haai-bedrywighede.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….