Nuus 14:00
BULLETIN 3 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-stigter ontken kennis van ‘n bedankings-e-pos aan die OVK
# Die VF Plus vra ‘n verenigde front in koalisies
# En, boks: Trojan-slaansakke is herroep weens ‘n skerp voorwerp-gevaar
# Die stigter van die MK-party, Jabulani Khumalo, ontken enige kennis van ‘n e-pos aan die Verkiesingskommissie oor sy bedanking en die aanstelling van Duduzile Zuma-Sambudla as opvolger. Hy is in die Hooggeregshof in Johannesburg in ‘n stryd gewikkel met die OVK en die party. Khumalo is in April uitgeskop, met oudpresident Jacob Zuma wat hom die tussentydse leier noem. Khumalo se regverteenwoordiger, Mfesane Ka-Siboto,wil hê die Kieshof moet Khumalo se verwydering ongeldig en onregmatig verklaar:
Intussen vra die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, partye moet saamwerk met koalisiesamesprekings wat begin. Groenewald het met die media gepraat en beklemtoon Suid-Afrikaners se behoefte aan goeie regering moet voorop gestel word. Hy het die party se standpunt van ‘n regeringsverandering herhaal, en waarsku teen koalisies met die EFF of die MK-party:
# Die Oos-Kaapse provinsiale regering sê hy is vasbeslote om ondersteuning te bied aan gesinne wat hul huise en besittings verloor het, en wat dringend voedsel, water en skuiling benodig. Verskeie dele van die provinsie is die naweek deur swaar reën getref. Die woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die Buffalo City- en die Nelson Mandelabaai-metro is die swaarste geraak:
# Boks: Die Nasionale Verbruikerskommissie en kleinhandelaars wat deur Massmart besit word, Makro en Game, het Trojan-slaansakke herroep weens ‘n skerp voorwerp-gevaar. Klante wat sedert Januarie dié slaansakke aangeskaf het, word versoek om dit nie verder te gebruik nie, en dit terug te neem na waar dit gekoop is vir ‘n volle terugbetaling. Die betrokke produkte sluit groot en ekstragroot slaansakke in. Albei items is van die kleinhandelaars se aanlyn-winkels verwyder om klante se veiligheid te verseker.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-29-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-75-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-327-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-81-sent per vat.
# En, die Universiteit van Johannesburg sê nie eens ‘n fisieke gestremdheid kon Hester Visagie keer om haar doelwitte te bereik nie. Die 58-jarige het onlangs haar doktorsgraad in Verpleegkunde verwerf. Visagie was enkele maande ná die Covid-19-pandemie in ‘n motorongeluk betrokke en het ‘n ruggraatbesering opgedoen wat chirurgie vereis. Komplikasies het haar fisiek gestremd gelaat, en die gebruik van ‘n voetstut en kruk genoodsaak. Professor Annie Temane van die UJ sê Visagie was gemotiveerd, passievol en leergierig, het ook oor selfdissipline beskik, en was daarom suksesvol.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….