Nuus 14:00
BULLETIN 17 Junie 2nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Skokgranate en rubberkoeëls word by ‘n Durbanse repatriasieterrein afgevuur
# FOSA sê die onderwysstelsel lewer steeds gegradueerdes sonder vaardighede
# En tennis: Wawrinka en die naaswenner van die Franse Ope is promotorskeuses vir Wimbledon
# Die Durbanse polisie het vanoggend skokgranate en rubberkoeëls gevuur om Malawiërs by die Sherwood-saal uiteen te jaag nadat sommige geweier het om na die Lindela-repatriasiesentrum te verskuif. Die groep het die owerhede beskuldig dat hulle gesinne uiteen dryf en sê vroue en kinders is reeds na Malawi geneem en ander na Lindela. Die owerhede sê die terrein is oorvol. Sowat een-duisend-876 van ongeveer sewe-duisend mense is as ongedokumenteer bevestig terwyl repatriasie-pogings voortduur.
eThekwini se burgemeester, Cyril Xaba, sê intussen hulle werk skouer-aan-skouer met alle betrokkenes om die Malawiese burgers te deporteer. ‘n Humanitêre krisis is aan die ontwikkel nadat derduisende ongedokumenteerde en ontheemde buitelanders op die perseel toegesak het. Xaba sê ʼn hof is op die perseel opgerig en hy werk saam met die Departement van Justisie om nog twee bykomende howe in te rig wat slegs deportasies hanteer:
# Suid-Afrika sal na verwagting ‘n lening van 16-miljard-rand van die BRICS-gesteunde Nuwe Ontwikkelingsbank ontvang om infrastruktuur in die land se agt grootste metropolitaanse munisipaliteite op te gradeer. Die geld sal gebruik word om watervoorsiening, sanitasie en afvalbestuursdienste te verbeter. Dit volg te midde van regeringstappe om voortdurende diensleweringsprobleme in verskeie munisipaliteite op te los. President Cyril Ramaphosa het wydverspreide infrastruktuurmislukkings erken en sê maatreëls is aan die gang om basiese dienste en munisipale prestasie te verbeter.
# Forum for South Africa sê die Suid-Afrikaanse stelsel lewer steeds gegradueerdes sonder vaardighede, met kwalifikasies sonder geleenthede en hoop sonder rigting. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê die huidige onderwysstelsel is steeds nie in ooreenstemming met mense se werklikhede nie. Hy voeg by Suid-Afrika moet terugkeer na ‘n stelsel wat praktiese vaardighede waardeer:
# Tennis: Die driemalige Grand Slam-kampioen Stan Wawrinka is ‘n promotorskeuse vir die Wimbledon-mansenkelspeltrekking. Die 41-jarige Switser tree aan die einde van die seisoen uit. Grigor Dimitrov van Bulgarye en die Britse spelers Jacob Fearnley, Arthur Fery, Jack Pinnington Jones en Toby Samuel is ook genooi. Intussen is die naaswenner van die Franse Ope, Maja Chwalinska van Pole, in die vroue-enkelspel beloon vir haar vertoning in Parys met ‘n promotorskeuse, saam met ses Britte, insluitend Harriet Dart. Wimbledon begin op 29 Junie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-22-sent teen die dollar, 18-rand-80-sent teen die euro en 21-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-852-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-328-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….