Nuus 14:00
BULLETIN 29 Junie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Herman Mashaba sê die werklike krisis is die regering se mislukking om onwettige immigrasie aan te pak
# Vier mense is doodgeskiet in ‘n informele nedersetting in Gqeberha
# En die Inkomstediens stel ‘n digitale wagkamer bekend vir die outomatiese aanslagtydperk
# ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die regering van nasionale eenheid se mislukking om onwettige immigrasie aan te pak, is die werklike krisis waarmee Suid-Afrika te kampe het. Hy sê handhawing en swak grensbeheer vererger die situasie en plaas druk op openbare dienste en gemeenskappe. Mashaba vra strenger immigrasiebestuur en owerhede se beslissende optrede. Hy waarsku die voortgesette gebrek aan optrede sal maatskaplik-ekonomiese uitdagings verdiep en openbare vertroue in regeringsinstellings ondermyn:
Meer as agt-duisend buitelanders is intussen binne twee weke verwerk vir vrywillige repatriasie deur die Beitbrug-grenspos in Limpopo. Die Grensbestuursowerheid sê egter die proses is verlede week ontwrig toe 17 busse sonder die vereiste nood-reissertifikate opgedaag het. Woordvoerder Michael Masiapato sê dit is na die vragmotor-staanplek in Musina weggewys om opeenhopging te vermy terwyl dokumentasie nagegaan is. Hy sê Beitbrug sal nie gebruik word as waggebied vir operateurs wat nie voldoen nie, en vra behoorlike voldoening aan oorgrens-regulasies.
# Vier mense is in die vroeë oggendure in die Solomon Mahlangu-informele nedersetting in Walmer in Gqeberha in die Oos-Kaap doodgeskiet. Die polisie sê die twee mans en twee vroue is in verskillende vertrekke gevind in wat lyk na teregstellingstyl‑moorde. Die provinsiale Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdaad het ‘n ondersoek van stapel gestuur, maar die omstandighede is nog onduidelik.
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ‘n aanlyn wagkamer met beperkte kenmerke bekendgestel om belastingbetalers te ondersteun tydens die outomatiese aanslagtydperk. Die nuwe wagkamer stel kwalifiserende aanlyn belastingstelsel-gebruikers in staat om hul outo‑beoordelings-uitslae veilig te besigtig in ‘n leesformaat, en help ook om druk op die stelsel te verminder tydens spitstye. Kommissaris Johnstone Makhubu het teenoor SABC News beklemtoon die wagkamer is uitsluitlik beskikbaar vir individuele aanlyn belastingstelsel-gebruikers tydens besige aanslagtydperke:
# Tennis: Die Britse nommer een, Emma Raducanu, het aan Wimbledon onttrek weens ‘n stresfraktuur aan haar regterbeen. Sy sou in vandag se eerste wedstryd op Baan Een met die Kroaat, Antonia Ruzic, kragte meet. Sy sê sy sukkel reeds met ongemak in die been sedert die eindstryd van Queens vroeër die maand. Raducanu sê dit beteken vir haar alles om voor haar tuisskare op Wimbledon te speel, daarom is hierdie besluit moeilik om te verwerk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-74-sent teen die euro en 21-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-58-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-34-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 73-dollar-12-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….