Nuus 13:00
BULLETIN 18 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi sê wie sy donateurs is
# Toenemende spanning in Afrika kan die prys van kos en kommoditeite laat styg
# En, gholf: Tiger Woods herstel na hy hom aan Kaliforniese toernooi moes onttrek
# RISE Mzansi het bekend gemaak wie sy skenkers is op die vlak wat aan die Verkiesingskommisie verklaar moet word. Sy grootste donateur, Rebecca Oppenheimer, het 15-miljoen-rand geskenk. Makashule Gana van RISE Mzansi sê anders as gevestigde politieke partye, kry hulle nie befondsing van belastingbetalers nie:
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Mondli Gungubele, sê die regering beplan om skole in landelike gebiede in digitale navorsingsentrums te omskep. Dit is deel van die Nasionale Kuber-laboratoriumprogram wat ten doel het om onderrig wyer as die klaskamer te neem en die digitale gaping te oorburg. Gungubele sê die kuberlaboratoriums is met hipermoderne rekenaarlaboratoriums toegerus met die jongste digitale instrumente, insluitend skootrekenaars, digitale skerms, bedieners en internetverbindings:
# Die president van die Afrika-ontwikkelingsbankgroep, Akinwumi Adesina, sê toenemende geopolitiese spanning in Afrika, wat handel en belegging kan skaad, kan ook voedsel- en kommoditeitspryse laat styg. Dit kan ook die broodnodige verbetering van monetêre omstandighede wêreldwyd vertraag. Adesina sê toenemende streekskonflikte en politieke onbestendigheid is geneig om besteding op verdediging te verhoog, wat dit weglei van ontwikkeling en maatskaplike steun. Hy voeg by ‘n hupstoot vir Afrika se groeimomentum vereis besliste beleidsoptrede.
# Gholf: Tiger Woods het aanhangers op sosiale media verseker hy voel baie beter na hy sy terugkeer moes kortknip en van ‘n toernooi in Kalifornië onttrek, waar hy die gasheer was. Die 48-jarige ikoon het griepverwante simptome gehad en is gedwing om in die tweede ronde van die Genesis-uitnodigingstoernooi te onttrek. Die 15-malige wenner van groot toernooie was vir die eerste keer dié jaar weer terug op die gholfbaan. Dit was slegs Woods se sewende verskyning by ‘n amptelike PGA-toernooi sedert die Meesterstoernooi in November 2020.
# En ten slotte: Die adjunk-minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Nokuzola Tolashe, doen ‘n beroep vir die vinnige afhandeling van die Wetsontwerp op Openbare Verkryging om geleenthede vir die bevordering van dié groepe te skep. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê dit is belangrik dat vroue, jongmense en persone met gestremdhede gelyke toegang kry tot voldoende finansiering om hulle ondernemings te ontwikkel, hulle inkomste te verhoog en tot die land se ekonomie by te dra:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….