Nuus 13:00
BULLETIN 17 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Bankrot SANW is nnie in staat om Gewapende Magte-dag te herdenk nie
# AZAPO doen beroep vir ‘n oudit van Suid-Afrikaners met sakebelange in die DRK
# En, boks: Sivenathi Nontshinga word gevier vir sy herowering van wêreld lig-vlieggewig kampioenskapstitel
# Ondanks die prag en praal-seremonie van die staatsrede, lui berigte dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag so bankrot is dat hy nie in staat is om Gewapende Magte-dag op 21 Februarie te herdenk nie. Die jaarlikse geleentheid herdenk Suid-Afrika se grootste oorlogstydse ramp ter see – die sinking van die troepeskip SS Mendi, in die Engelse Kanaal in 1917. Meer as 600 Suid-Afrikaners, die meeste swart soldate, het gesterf. News24 berig ‘n SANW-woordvoerder, Simphiwe Dlamini, het die afstel van die geleentheid bevestig.
# Die Azanian People’s Organisation doen ‘n beroep vir duidelike oudits en openbaarmaking van Suid-Afrikaanse indiwidue en entiteite met kommersiële of sakebelange in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit is om te bepaal watter invloed hulle moontlik op Suid-Afrika se betrokkenheid by die oorlog in die land uitoefen. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê die party wil hê die regering moet die landmagte in die DRK met die beste militêre intelligensie en wapentuig toerus, en as dit nie gebeur nie, moet die soldate onttrek word:
# Die polisie in Rusland het op mense toegeslaan wat saamgekom het om die dood van die opposisieleier, Alexei Navalny, te gedenk. Menseregtegroepe sê minstens 100 mense is aangekeer. Beamptes in Moskou en St Petersburg het plakkate uit betogers se hande geruk en andere van hulle het opslaan-gedenktekens vir Navalny weggesleep. Die hoof-kritikus van president Vladimir Putin, wat ‘n veldtog teen korrupsie in die regering gevoer het en betogings teen die Kremin gelei het, is gister deur tronkowerhede dood verklaar.
# Boks: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het die kampioen-bokser, Sivenathi ‘Special One‘ Nontshinga, geluk gewens met sy herowering vanoggend van die Internasionale Boksfederasie se Wêreld Lig-vlieggewig-titel. Nontshinga het die Meksikaan Adrian Curiel in Meksiko-stad geklop om ‘n tweemalige wêreldkampioen te word. Die woordvoerder van die departement, Litha Mpondwana, sê Nontshinga is ‘n uitstekende vegter en ‘n model-beroepsportman wat die beste van Suid-Afrikaanse boks verteenwoordig:
# En, krieket: Die Protea vrouespan het op die derde dag die eenmalige toets teen Australië op die WACA in Perth met ‘n beurt en 284 lopies verloor. Suid-Afrika is vir slegs 76 lopies op die eerste dag uitgeboender en die gashere het hulle eerste beurt op 575 vir nege verklaar. Suid-Afrika het vandag op 67 vir drie hervat en vir ‘n tyd lank dapper voortgeveg, voor hulle vir 215 uitgehaal is. Tazmin Brits en Delmi Tucker het gesweet vir hulle vennootskap van 96 lopies om die vierde paaltjie, voor Brits vir 31 uitgehaal is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….