Nuus 13:00
BULLETIN 13 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die African Transformation Movement kritiseer president Ramaphosa se aansoek vir ‘n interdik teen die ampsklagproses te midde van die hersiening van die verslag
# Action Society waarsku polisiehervormings kan misluk sonder sterker ondersoekvermoë
# En padwedlope: Die verdedigende kampioen Tete Dijana wil môre ‘n agtereenvolgende Comrades wen
# Die ATM-parlementslid Vuyo Zungula het President Cyril Ramaphosa se dringende hofaansoek gekritiseer om die Parlement se ampsklag-proses oor die Phala Phala-skandaal te staak. Zungula sê in ‘n onderhoud met SABC News dit is teleurstellend dat Ramaphosa blykbaar nie bereid is om aanspreeklik te aanvaar nie, ondanks vorige beloftes dat hy hom aan parlementêre prosesse sou onderwerp. Hy voer aan dat Ramaphosa se regsaansoek die Parlement se toesighoudende rol ondermyn:
# Action Society verwelkom voorgestelde hervormings in die Wysigingswetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, insluitend maatreëls soos leefstyloudits, integriteitstoetsing en sterker aanspreeklikheidstelsels. Die organisasie waarsku egter hervormings sal slegs betekenisvol wees as dit lei tot beter polisiëringsuitkomste, insluitend meer opgeloste sake, suksesvolle vervolgings en verbeterde veiligheid vir gemeenskappe. Juanita du Preez van Action Society sê Suid-Afrika se hoofprobleem is nie ‘n gebrek aan wette nie, maar swak implementering:
# Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het samewerking in wetstoepassing met Suid-Afrika se buurlande geprys ná die inhegtenisneming van ‘n 26-jarige derde verdagte in verband met die moord op ‘n egpaar in die Krugerwildtuin verlede maand. ‘n Mosambiekse burger is in Zimbabwe vasgetrek nadat hy oor die grens daarheen gevlug het. Twee verdagtes is vroeër in Mosambiek aangekeer en die paartjie se gesteelde voertuig is ook teruggevind. Die nasionale woordvoerder van die Polisie, Athlenda Mathe, het die doeltreffendheid van oorgrenspolisiëring geloof:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê Eskom se proses om elektrisiteit na die Stad Johannesburg af te sny, is steeds in werking ondanks berigte van ‘n skikking. Die kragverskaffer het bevestig hy sal voortgaan met sy regsproses oor onbetaalde skuld en het reeds sommige straatligte afgeskakel, met planne om voort te gaan met moontlike groter kragonderbrekings in Julie. Julius Kleynhans van OUTA sê enige kragonderbreking sal ernstige gevolge vir Johannesburg se ekonomie en noodsaaklike dienste inhou:
Krieket: Engeland het goed begin die Vroue T20 Wêreldbeker-kragmeting teen Sri Lanka toe Danni Wyatt-Hodge gister ‘n blitsige honderdtal aangeteken het vir ‘n oorwinning van 87 lopies oor Sri Lanka. Wyatt-Hodge, wie se vrou Georgie verlede maand die lewe geskenk het aan hul babadogter, Daisy, het op Edgebaston ouerskap gevier met ‘n uitstekende beurt van 105 nie uit nie met slegs 62 balle. Dit was Engeland se vyfde honderdtal in ‘n vroue-T20-wedstryd, waarvan drie deur Wyatt-Hodge aangeteken is. Sy het die gasvroue tot 219 vir 1 gemoker, wat hul hoogste telling ooit in die toernooi is. Sri Lanka het nooit gelyk of hulle die wedstryd kan wen nie, en was op 132 almal uit in ‘n eensydige openingswedstryd vir die toernooi.
# En padwedlope: Die verdedigende Comrades-marathonkampioen, Tete Dijana, hoop om sy titel te behou wanneer hy saam met ongeveer 22-duisend atlete môre in die 50ste opwedloop van Durban na Pietermaritzburg wegspring. Dijana het in Durban gesê om te wen begin met voorbereiding en geestelike krag wat deur oefening ontwikkel word. Sy grootste teenstander, Edward Mothibi, sê op sy beurt hy bly daarop gefokus om sy doelwit te bereik ongeag die uitdagings op die dag van die wedloop. Beide atlete het geduld, strategie en aanpasbaarheid beklemtoon voor dié wedloop.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….