Nuus 13:00
BULLETIN 17 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema beskuldig president Ramaphosa dat hy deursigtigheid oor Phala Phala blokkeer
# Brown Mogotsi is emosioneel oorweldig in polisie-aanhouding
# En spanne in Kaapstad werk dag en nag om stormskade te herstel
# EFF-leier Julius Malema het herhaal dat president Cyril Ramaphosa probeer om deursigtigheid oor die Phala Phala-skandaal te blokkeer. Malema het op die Frank Dialogue aanlyn-uitsending gesê die party is gekant teen Ramaphosa se hofhersiening van die onafhanklike paneelverslag en enige poging om die ampsklagverrigtinge te stop. Malema voer aan dat die hersieningsproses nie met parlementêre verantwoordbaarheid moet inmeng nie. Hy beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy politieke mag en die howe gebruik om te keer dat hy ondersoek word:
# Die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi se prokureur, Makau Sekgatja, sê sy kliënt is emosioneel ontsteld na sy inhegtenisneming. Mogotsi sal na verwagting môre in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van regsverydeling na aanleiding van bewerings verlede November dat hy ‘n sluipmoordpoging in Vosloorus opgemaak het. Die vuurwapen wat gebruik is, word verbind met moord- en poging tot moordsake. Sekgatja het aan SABC News gesê Mogotsi gaan onskuldig pleit:
# Die Inkatha Vryheidsparty se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Mlungisi Mabaso, sê swak dienslewering en korrupsie bly groot uitdagings in die Stad. Mabaso het in Soweto gesê die stad moet die inkomste-invordering vir water, sanitasie en elektrisiteit verbeter, finansiële verliese keer en afhanklikheid van staatslenings verminder. In ‘n onderhoud met die SABC het hy gevra vir die herwinning van besette industriële terreine om beleggings te bevorder, en werk te skep om die stad se ekonomie te versterk:
# Rampbestuurspanne van die Stad Kaapstad werk 24-uur skofte om duisende diensversoeke te hanteer na die onlangse storm en oorstromings regoor die metro. Amptenare berig dat spanne oorstromings skoonmaak, beskadigde infrastruktuur herstel en noodsaaklike dienste in geaffekteerde gemeenskappe herstel. Die stad beoog om reaksietye te versnel en inwoners wat deur erge weer geraak is, te help. Organisasies soos Gift of the Givers help ook inwoners wat deurgeloop het met noodsaaklikhede. Die publiek word aangespoor om foute aan te meld terwyl herstelpogings voortduur.
# Sokker: Durban City se afrigter Pitso Dladla het sy spelers geprys nadat hulle Orlando Pirates op ‘n deurslaggewende dag in die titelwedloop in toom gehou het. Durban City het met ‘n gelykopuitslag sonder doele op die Orlando-stadion, groot frustrasie vir Pirates veroorsaak, wat nou hul Premierliga-titelvieringe moet uitstel. Pirates sal Saterdag Orbit College moet verslaan om kampioene te word. Dladla het aan die SABC gesê ten spyte daarvan dat Pirates besit oorheers het, kon hulle nie daarin slaag het om deur Durban City se verdediging te breek nie:
# En ten slotte: Stellenbosch Universiteit is volgende week die mede-aanbieder van die tweede Wêreldkonferensie oor Geestesgesondheid vir Kinders en Jongmense in Kaapstad. Die konferensie vind van Maandag tot Woensdag plaas en sowat 400 kenners, beleidmakers en jeugleiers uit 47 lande sal dit bywoon. Die fokus is gemik op die verbetering van geestesgesondheid vir kinders en jongmense deur navorsing, innovering en jeugsentriese oplossings. Die byeenkoms het ten doel om wêreldwye samewerking te versterk oor die dringendste gesondheidsuitdagings wat wêreldwyd kinders en jongmense raak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….