Nuus 13:00
BULLETIN 3 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Klopjag is op huis van die geskorste SAPD-misdaadbaas, Richard Shibiri uitgevoer
# President Ramaphosa wag op ‘n verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid oor bedrogklagtes teen die Oos-Kaapse premier
# En, die Taiwanese president besoek Eswatini te midde van hewige kritiek deur China
# Die geskorste hoof van Georganiseerde Misdaad, Richard Shibiri, se huis in Johannesburg is gisteroggend deursoek deur ‘n taakspan wat met die Madlanga-kommissie verbind word. Bronne sê beamptes het gelisensieerde vuurwapens en elektroniese toestelle gekonfiskeer te midde van ondersoeke na beweerde korrupsie, politieke inmenging en misdaadsindikate binne die SAPD. Shibiri word van korrupsie beskuldig, dat hy omkoopgeld aanvaar het en onwettige bande met die vermeende misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala het. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy die ondersoek na die moord op die Vereeniging-ingenieur Armand Swart probeer saboteer het en Matlala voor ‘n polisie-klopjag gewaarsku het.
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het bevestig dat die eienaar van ‘n spaza-winkel in Vosloorus, Mazwi Kubheka, op 2 April ontvoer is. Die 27-jarige het gister by die plaaslike polisiestasie opgedaag na ‘n uitgebreide soektog. Lesufi sê wetstoepassingsamptenare ondersoek sterk leidrade en glo die saak hou verband met wyer misdaadnetwerke. Hy het bevestig dat gekaapte geboue in die ontvoering gebruik is. Hy het egter nie bevestig of enige arrestasies reeds gemaak is nie:
# President Cyril Ramaphosa wag op die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor bewerings van akademiese bedrog teen die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane. Die ondersoek hou verband met bewerings oor Mabuyane se nagraadse kwalifikasies van die Universiteit van Fort Hare. Ramaphosa sê die bevindinge sal enige verdere optrede bepaal. Die Presidensie het die belangrikheid van behoorlike proses en billikheid beklemtoon. Die premier het die bewerings voorheen oortreding ontken. Die SOE-ondersoek is deel van breër pogings om aanspreeklikheid en integriteit in openbare ampte te handhaaf.
# Die belangegroep Blaqster Kreativ waarsku dat Kunsmatige Intelligensie werksgeleenthede in Suid-Afrika kan skaad. In ‘n onderhoud met SABC News het die uitvoerende hoof, Phakamile Hlubi-Majola, gesê sektore soos kleinhandel, die motorvoertuigbedryf, bankwese en administrasie maak reeds van KI-toepassings gebruik. Hlubi-Majola waarsku ongelykheid en die digitale kloof kan die uitwerking plaaslik vererger. Sy het vakbonde aangespoor om beleid te ontwikkel om werkers te beskerm en voor te berei op vinnige veranderings in die werksmag:
# Die Taiwanese president Lai Ching-te se besoek aan Eswatini word hewig China gekritiseer, wat hom ‘n “rot” noem. Ching-te het reageer deur te sê Taiwan het die reg om met die wêreld te skakel en geen land kan dit keer nie. China beskou die demokraties-bestuurde Taiwan as deel van sy grondgebied sonder die reg op interstaatlike verhoudinge, ‘n standpunt wat Taiwan se regering sterk betwis. Beijing eis dat lande enige skakeling met die eiland staak. China se kantoor vir Taiwan Sake sê Lai het Eswatini binne gesluip.
# En ten slotte rugby: Leinster is ondanks ‘n verstommende terugvegpoging deur Toulon, deur na die Kampioenebeker-eindstryd, ná ‘n opwindende oorwinning van 29-25 gister by Lansdowne Road. Met die telling op 29-11 en 10 minute oor, het die Dublin-span gedink die wedstryd is verby. Maar met net vier minute oor het Toulon die agterstand tot slegs vier punte verminder nadat Melvyn Jaminet ‘n drie deur Gael Drean verdoel het. Leinster speel op 23 Mei in Bilbao in die noorde van Spanje teen die wenners van vanmiddag se tweede halfeindstryd tussen die heersende Europese kampioene Bordeaux-Begles en Bath.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….