Nuus 13:00
BULLETIN 12 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA-kongres aanvaar verskeie wysigings aan sy grondwet, insluitend oor veiligheid by skole
# Iran se nuwe opperleier is aan die herstel van ernstige wonde
# En, Vrystaat-Onderwys betreur die dood van ‘n leerder gedurende ‘n rugby wedstryd
# Afgevaardigdes by die DA se verkiesingskongres het vandag in Gauteng oor verskeie wysigings tot die party se grondwet gestem. ‘n Wysiging dat die party belastingaansporings vir verhuurders wat bekostigbare huurhuise bied, munisipale kortings en aansporings om toetreders tot die arbeidsmark te ondersteun, is nie aangeneem nie. Wysigings wat aangeneem is, sluit in landbou-jeugondernemingsones en toegang tot sanitêre produkte vir meisies by skole. Refiloe Nt’sekhe van die DA, wat die wysigings oor die bou van veilige en geweldvrye skole voorgelê het en wat aangeneem is, het gesê kinders kan nie in vrees leer nie:
# Iran se nuwe Opperleier, Mojtaba Khamenei, herstel steeds van ernstige gesig- en beenbeserings wat hy opgedoen het in die lugaanval wat sy pa aan die begin van die oorlog doodgemaak het. Drie mense na aan sy binnekring het aan Reuters gesê Khamenei se gesig is vermink in die aanval op die opperleier se kompleks in sentraal-Teheran en dat hy ‘n aansienlike besering aan een of albei bene opgedoen het. Die 56-jarige herstel nietemin en bly geestelik skerp, en neem deel aan vergaderings met senior amptenare via aanlynkonferensies.
# Die Vrystaatse Departement van Onderwys het sy skok uitgespreek na die dood van die 15-jarige leerder Nhlakanipho Buthelezi van HTS Sasolburg, wat tydens ‘n rugbywedstryd in Sasolburg ineengestort het. Die Graad 9-leerling het asemhalingsprobleme ondervind tydens ‘n onder-15 wedstryd teen Sasolburg Hoërskool by die DP de Villiers-stadion, en is na die Sasolburg-hospitaal gehaas, waar hy dood verklaar is. Die Provinsiale LUR vir Onderwys, Mantlhake Maboya, het sy meegevoel met die familie en skool betuig en gesê ondersteuning sal gedurende hierdie moeilike tyd gebied word.
# Die wêreldwye brouer Heineken het ‘n Bar de Change-konsep by OR Tambo Internasionale Lughawe bekendgestel, wat Suid-Afrikaners wat na Europa reis, in staat stel om bier teen plaaslike pryse te koop. Reisigers ontvang digitale koopbewyse wat by vennootkroeë in die buiteland op ‘n een-vir-een-basis gewissel kan word. Die inisiatief is daarop gemik om die swak rand te ondersteun, wat bier tot 200-persent duurder maak in Europa. Heineken sê die konsep verbeter reiservarings deur die stres van valuta-omskakeling vir verbruikers te verwyder.
# Sokker: Die Banyana Banyana-afrigter, Desiree Ellis, het ‘n beroep op ondersteuners gedoen om in groot getalle die span te ondersteun vir die twee komende internasionale vriendskaplike wedstryde teen Algerië in Durban die week. Ellis sê om in Durban te speel, sal help om die toestande wat by die toernooi verwag word, na te boots. Sy voeg by dat sterk skareondersteuning nog altyd die span se prestasie versterk het en hoop om selfs ‘n groter opkoms by komende wedstryde te sien:
# En laastens, Afrika se eerste stralende kunsfees, Lumenocity, wat in Kaapstad bekendgestel is, sluit vandag af met die omskepping van die Kompanjies-tuin se restaurant in ‘n gloeiende, interaktiewe ruimte. Die stigter, Gareth Hadden sê die geleentheid meng kuns en tegnologie, gedeeltelik aangedryf deur elektriese voertuigbatterye in vennootskap met Mini. Hadden het aan eNCA gesê die fees stel innoverende mikro-netwerkoplossings ten toon, wat kreatiewe oplossings vir beurtkrag bied terwyl dit gemeenskappe inspireer om nuut te dink oor die gebruik van energie en openbare ruimtes:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….