Nuus 13:00
BULLETIN 23 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Namibiese president kritiseer die wêreldwye finansiële stelsel vir onregverdige penalisering van ontwikkelende lande
# Argentinië sluit aan by VSA met besware oor die G20-verklaring
# En motorsport, Max Verstappen wen die Las Vegas GP, maar Lando Norris beweeg nader aan die kroon
# Die Namibiese president Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep gedoen op ‘n billike en inklusiewe globale finansieringstelsel. Sy woon die G20-leiersberaad in Johannesburg by as ‘n spesiale gas op uitnodiging van president Cyril Ramaphosa. Die aanvaarde G20-verklaring erken dat ‘n hoë vlak van skuld een van die struikelblokke is vir inklusiewe groei in baie ontwikkelende ekonomieë. Nandi-Ndaitwah het gewaarsku dat ontwikkelende lande teruggehou word deur hoë kapitaalkoste gegrond op ongeregverdigde risikopersepsies:
Argentinië as ‘n noue bondgenoot van die Verenigde State, het intussen besware uitgespreek teen die G20-leiersberaadverklaring, wat gister met konsensus aanvaar is. Argentinië se minister van Buitelandse Sake, Pablo Quirno, sê die verklaringsdokument het oor ‘n paar kwessies nie konsensus bereik nie, insluitend sekere geopolitieke sake soos die konflik in die Midde-Ooste en Gaza. Hy sê die dokument het nie die ingewikkelde konflik ten volle vasgevang nie:
Die president van die Wêreldbank, Ajay Banga, sê Afrika is geposisioneer om die wêreld se volgende groot groei-enjin te word, gedryf deur sy enorme hulpbronne en vinnig groeiende jeugbevolking. Tydens die G20 Vennootskap met Afrika-geleentheid in Nasrec, Johannesburg, het Banga wêreldleiers aangespoor om in infrastruktuur, vaardighede en werkgeleenthede in die privaat sektor te belê. Hy het na Afrika se onbewerkte landbougrond en oorgangsminerale verwys en beklemtoon dat ontwikkeling ‘n gedeelde belegging in globale voorspoed is:
# Die Grensbestuursowerheid sê sy operasionele fokus verskuif nou na die gekoördineerde vertrek van staatshoofde, senior amptenare en internasionale afvaardigings wat die land oor die volgende 24 tot 48 uur sal verlaat. Die owerheid het die aankoms van meer as 40 staatshoofde, regeringsamptenare, asook meer as drieduisend internasionale joernaliste by die G20-leiersberaad in Johannesburg hanteer. Die Owerheid sê spanne bly ontplooi om te verseker dat elke vertrek met presisie hanteer word te midde van streng sekuriteitsprotokolle.
# Die ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalila het ingegryp en orde herstel nadat die ANC-jeugliga hierdie week in chaos gedompel is na ‘n leierskapsbotsing. Sekretaris-generaal Mntuwoxolo Ngudle en president Collen Malatji het mekaar wedersyds geskors oor beweerde parallelle vergaderings en die uitsluiting van amptenare voor die liga se nasionale kongres. Ngudle het later om verskoning gevra en sy skorsing teruggetrek. Mbalula het die belangrikheid van vrede en bestendigheid binne die organisasie beklemtoon terwyl die liga voorberei vir sy 27ste Nasionale Kongres volgende maand in Polokwane.
# En motorsport: Die Formule Een-wêreldkampioen Max Verstappen het die Las Vegas Grand Prix gister meesterlik gewen, met Lando Norris van McLaren tweede en ‘n bietjie nader aan sy eerste renjaerstitel. Verstappen in sy Red Bull het die wedren oorheers nadat hy Norris op die eerste draai verbygesteek. Dit was sy 69ste Grand Prix-loopbaanoorwinning. Norris het egter sy greep op die algehele punteleer verstewig, en is na sy tweede plek nou op 408 punte. Met twee wedrenne oor, is hy 30 punte voor sy spanmaat Oscar Piastri, wat vierde was. George Russell van Mercedes was derde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….