Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die PAC sê korrupsiebewerings teen minister Nzimande is niks nuuts nie
# Die Oos-Kaapse polisie begin ‘n soektog na die verdagtes wat vier mense in Ugie vermoor het
# en krieket: Protea-paaltjiewagter tree uit toetskrieket
# Die P-A-C sê korrupsiebewerings dat die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, die hoëronderwys-sektor gebruik as kanaal om geld na hom en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty te herlei, is niks nuuts nie. Die PAC-studentebeweging vra reeds jare lank dat Nzimande verwyder word oor bewerings dat hy volgens hulle die onderwyssektor vir tegniese en beroepsonderwys en SETA’s gebruik om geld van die staat te steel. Die PAC se woordvoerder, Azania Tyhali, sê dis die natuurlike gevolg van ‘n kleinlike, middelklas, postkoloniale, nasionalistiese bedeling:
# Die polisie in die Oos-Kaap het met ‘n soektog begin na die moordenaars van vier mense tussen die ouderdom van 30 en 35 in die provinsie. Die vier is na bewering gisteraand by Ntokozweni naby Ugie in ‘n hinderlaag doodgeskiet. Die aanvallers het met handwapens en gewere op die slagoffers se donkergrys Toyota Avanza losgebrand. Al vier die mans in die voertuig is skynbaar van Engcobo en is op die toneel dood. ‘n Polisiewoordvoerder, Siphokazi Mawisa, sê die motief vir die noodlottige aanval is nog nie bekend nie:
# Bouwerk aan huise wat verwoes is toe ʼn myn-damwal in 2022 in Jagersfontein in die Vrystaat gebreek het, het ná 15 maande uiteindelik begin. Die damwal van ʼn diamantmyn het gebreek en ʼn waterige mengsel myn-slyk het uitgestroom. Die slyk het huise, riviere en weilande vernietig en tientalle beseer gelaat. SABC berig, die kontrakteur, Thapelo Lebona, sê die herbouwerk aan 54 huise sal na verwagting teen einde Maart vanjaar voltooi wees.
# Die owerhede sê ‘n misdaadsindikaat wat beplan het om onwettig honderde inheemse akkedisse uit Australië na Hongkong uit te voer, is oopgevlek. Die polisie in Nieu-Suid Wallis sê die reptiele se markwaarde word beraam op meer as 15-miljoen-rand. Drie mans en ‘n vrou is in Sydney in hegtenis geneem en aangekla van oortredings soos die uitvoer van inheemse reptiele, handeldryf met die opbrengs van misdaad en deelname aan ‘n misdaadgroep. Die polisie het beslag gelê op sowat 257 akkedisse en drie slange nadat hulle na bewering onder swak omstandighede aangehou is. Hulle is behandel en in die natuur vrygelaat.
# Krieket: Die Protea-paaltjiewagter Heinrich Klaasen het sy uittrede uit toetse aangekondig nadat hy net vier wedstryde vir Suid-Afrika gespeel het sedert sy debuut in 2019. Die 32-jarige Klaasen het 104 lopies in sy vier toetse aangeteken, maar een-duisend-638 in eendagwedstryde en 710 in T20’s. Hy sê hoewel die langste vorm van die spel sy gunsteling is, glo hy dit is die regte besluit vir hom in dié stadium van sy loopbaan. Klaasen sê rooibalkrieket het hom die speler gemaak wat hy vandag is, maar nou wag daar eers ‘n nuwe uitdaging.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-75-sent teen die dollar, 20-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-844-dollar-68-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-27-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….