Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Oscar Pistorius se familie is verheug hy is weer tuis op parool
# NotInMyName verwelkom Pistorius se plasing op parool
# en Krieket: Lang messe word geslyp vir Nuweland se kolfblad na kortste toets ooit
# Die familie van die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, is verheug oor sy vrylating nadat hy meer as die helfte van sy vonnis van 13-jaar in die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum in Pretoria uitgedien het. Volgens The Citizen sê Pistorius se prokureur, Julian Knight, sy familie is verheug dat die Lemnaeler weer tuis is. Hy woon in sy oom Arnold se herehuis in Waterkloof. Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig hy is tot die stelsel van gemeenskapskorreksie toegelaat totdat sy vonnis in Januarie 2030 eindig.
NotInMyName International het intussen die besluit verwelkom om Pistorius van vandag af op parool te plaas. Hy is in 2014 aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, maar na talle appèlle is die skuldigbevinding in 2017 na moord verander. NotInMyName se sekretaris-generaal, Themba Masango, sê hy is geklassifiseer as ‘n eerste oortreder met ʼn positiewe ondersteuningstelsel, daarom is Pistorius se parool in ooreenstemming met Artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste:
# ‘n Man van Gauteng sal waarskynlik Donderdag in die Landdroshof in Germiston om borgtog aansoek doen na sy eerste verskyning in verband met die moord op sy ouers en suster. Eugene Botha word beskuldig van die moord op Johan, Jane en Suné Botha in Rondebult aan die Oos-Rand. Hulle liggame is Dinsdag met tientalle steekwonde agter op ‘n verlate bakkie aangetref, nie ver van die familie se huis af nie. Die 42-jarige Botha is kort daarna aangekeer. Hy het in sy eerste hofverskyning gevra vir ‘n prokureur wat deur die staat aangestel is.
# Krieket: ‘n Swaard hang oor Nuweland in Kaapstad nadat Indië net ‘n dag en ‘n half en 642 balle nodig gehad het om Suid-Afrika met sewe paaltjies te verslaan in die kortste toets ooit. Met ‘n wenteiken van 79 het die besoekers halfpad deur die tweede skof op die tweede dag die knoop deurgehaak. Die Proteas is op dag een uitgeboul vir net 55 en hulle was weer almal uit vir 176 in hulle tweede beurt, ondanks Aiden Markram se indrukwekkende honderdtal. Die Proteas se toetsafrigter, Shukri Conrad, is nie tevrede met Nuweland se kolfblad nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-49-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 44-duisend-62-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-42-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-32-sent per vat.
# Ten slotte: Die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap sê hy het sy ondersoek afgesluit oor die twee leeus wat skynbaar Woensdag tussen Mbangwane, Khombaso en Tsambakhulu opgemerk is. Die beweerde waarneming is as fopnuus bevestig. Die agentskap se woordvoerder, Simphiwe Shungube, versoek die publiek om nie vals nuus te versprei nie omdat dit onnodige paniek saai in gemeenskappe.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….