Nuus 13:00
BULLETIN 27 Junie 1nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Against Crime South Africa mobiliseer steun vir die Polisie voor 30 Junie
# Die kragnetwerk bly bestendig ondanks verhoogde winteraanvraag
# En krieket, ‘n plek in die T20 Wêreldbeker-halfeindronde is môre op die spel vir die Proteas-vroue
# Business Against Crime South Africa sê meer as 500 van sy lidmaatskappye lewer uitgebreide hulpbronne ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voor die beplande betogings op 30 Junie. Dit sluit in helikopters, hommeltuie, geslotekring-televisienetwerke, gewapende reaksievoertuie, ambulanse en mediese spanne om die SAPD se operasionele kapasiteit te versterk. Die organisasie sê die inisiatief is deel van ‘n openbare private vennootskap wat veiligheid en koördinering tydens hoërisiko-tydperke wil verbeter. Owerhede sê die ondersteuning sal monitering en reaksievermoëns landwyd verbeter.
Die National Informal Traders Alliance of South Africa het die Parlement versoek om dringend op te tree om informele handelaars beter te beskerm en te ondersteun. Die organisasie sê die regering moet ‘n enkele, regverdige handelspermitstelsel instel, handelsruimtes verbeter en ‘n Wet op Informele Ekonomie aanvaar om die sektor te ondersteun. NITASA se hoofsekretaris, Samuel Madikoto, sê kommer oor onwettige immigrasie moet deur die wet besleg word en nie deur geweld of xenofobie nie.
# Eskom sê die nasionale kragstelsel bly bestendig en kan in die stygende winter-elektrisiteitsaanvraag voorsien, danksy deur verbeterde opwekkingsprestasie en minder onbeplande onderbrekings. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Daphne Mokwena, het bevestig dat krag na meer as 964-duisend huishoudings herstel is deur sy program om lasvermindering uit te skakel. Sy sê dieselbesteding het met meer as 84-persent gedaal vergeleke met verlede jaar en die land is nou reeds 406 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag:
Energy Exchange South Africa sê intussen die regering se grootste energie-uitdaging is nie meer die opwekking van elektrisiteit nie, maar die uitbreiding van die nasionale netwerk om nuwe hernubare kragprojekte te verbind. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Wayne Cowie, sê verouderde transmissie-infrastruktuur en beperkte netwerkkapasiteit vertraag verbindings ondanks die regering se groot pyplyn van hernubare energieprojekte. Cowie waarsku die mislukking om die netwerk te moderniseer kan energiesekerheid, ekonomiese groei en die oorskakeling na skoner energie bedreig.
# Die Limpopo Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid het ‘n beroep gedoen op waaksaamheid met swaar verkeer wat hierdie naweek op hoofroetes verwag as gevolg van skoolsluitings. Woordvoerder Mashudu Mabata sê motoriste moet verkeersopeenhopings op die N1 noordwaarts van Gauteng na Limpopo verwag terwyl gesinne vir die skoolvakansie reis. Sy het bevestig dat verkeersbeamptes op hoë gereedheidsgrondslag is by sleutelkorridors, tolplazas en weegbrûe om sigbaarheid en vinnige reaksie te verseker:
# En krieket: Dis nou of nooit vir die Proteas-vroue in môre se laaste T20 Wêreldbekergroepwedstryd in Engeland. Suid-Afrika speel teen Bangladesj na afloop van die wedstryd tussen Indië en Australië. Die Aussies is boaan die groep, gevolg deur Indië en die Proteas. ‘n Oorwinning vir Suid-Afrika sal hul kans versterk om die halfeindronde te haal, terwyl Australië teen Indië moet wen. Die halfeindwedstryde word Dinsdag en Donderdag gespeel, met die eindstryd volgende Sondag op Lord’s in Londen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….