Nuus 11:00
BULLETIN 27 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Against Crime South Africa mobiliseer steun vir die Polisiediens voor 30 Junie
# Die VSA voer ‘n vergeldingsaanval op Iran uit na ‘n aanval op ‘n vragskip in Straat van Hormuz
# En sokker, Kaap Verde maak geskiedenis en word die kleinste nasie om die Wêreldbeker-uitklopfase te haal
# Business Against Crime South Africa sê meer as 500 van sy lidmaatskappye lewer uitgebreide hulpbronne ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voor die beplande betogings op 30 Junie. Dit sluit in helikopters, hommeltuie, geslotekring-televisienetwerke, gewapende reaksievoertuie, ambulanse en mediese spanne om die SAPD se operasionele kapasiteit te versterk. Die organisasie sê die inisiatief is deel van ‘n openbare private vennootskap wat veiligheid en koördinering tydens hoërisiko-tydperke wil verbeter. Owerhede sê die ondersteuning sal monitering en reaksievermoëns landwyd verbeter.
Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, beplan intussen ‘n tweedaagse beraad oor migrasievraagstukke. Lesufi het wetstoepassingsagentskappe by die SAPD se Operasionele Gereedheidsparade toegespreek en die provinsie se gereedheid vir die beplande betogings op 30 Junie bevestig. Lesufi sê die polisie het ‘n duidelike operasionele plan om wet en orde te handhaaf, en sal geen genade toon vir geweld of misdaad nie. Hy het inwoners aangespoor om wetstoepassers toe te laat om hul werk te doen:
# Tshepo Madlingozi van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die kommmie gaan ‘n memorandum wat deur die Vatsonga Machangani-gemeenskap ingedien is, oorweeg na ‘n optog in Johannesburg teen stamgebondenheid en xenofobie. Betogers sê Tsonga-sprekende Suid-Afrikaners word tydens betogings teen migrante geteister, geëtiketteer en as immigrante aangesien. Die memorandum vra sterker beskerming van landsburgers en strenger optrede teen oortreders. Die kommissie is 15 dae gegee om te reageer:
# Die Amerikaanse weermag het Iran gister aangeval in reaksie op ‘n Iranse hommeltuigaanval op ‘n vragskip in die Straat van Hormoes, met albei lande wat mekaar daarvan beskuldig dat hulle die bepalings oortree het van verlede week se wapenstilstand. Die Amerikaanse Sentrale Bevelsentrum sê vliegtuie het missiel- en hommeltuigbergingsplekke en kus-radarterreine getref. Iran sê ‘n projektiel het die gebied rondom ‘n hawehoof in Sirik in die suide van Iran getref. Iranse vlootmagte het reageer deur Amerikaanse militêre teikens in die streek aan te val. Teheran het nie besonderhede verskaf oor wat moontlik getref is nie.
# En sokker: Kaap Verde het Wêreldbeker-geskiedenis gemaak, na ‘n gelykopuitslag van nul-elk teen Saoedi-Arabië in Houston. Die uitslag het verseker dat die Wêreldbeker-nuwelinge as naaswenner in Groep na die Ronde van 32 deurdring as die kleinste nasie om ooit die uitklopfases te bereik. Saoedi-Arabië en Uruguay is nou amptelik uitgeskakel. Kaap Verde kom op 3 Julie teen die heersende kampioene Argentinië te staan. Intussen het België in Groep G Nieu-Seeland met 5-1 geklop en eerste in die Groep klaargemaak. Egipte is ook deur na die volgende ronde, na ‘n gelykopuitslag van een-elk teen Iran.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….