Nuus 13:00
BULLETIN 17 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA sê ‘n oorgroot koalisiekabinet is die eerste van ‘n stortvloed verwagte verraad
# Die MK-party sal die ATM-saak in die Kieshof steun
# En krieket: Bangladesj is tweede in die T20 Wêreldbekergroep D na Suid-Afrika
# ActionSA neem kennis van berigte wat daarop dui dat die ANC- en DA-regering van nasionale eenheid dalk beplan om die grootte van ‘n reeds oorgroot kabinet uit te brei. Samkelo Mgobozi van ActionSA sê met 30 dienende ministers en hulle 36 adjunkte, wat die belastingbetaler jaarliks net aan salarisse 146-miljoen-rand kos, is president Cyril Ramaphosa se vorige belofte om die kabinet te verklein, duidelik van die baan:
# Die MK-party sal deelneem aan die saak wat die ATM by die Kieshof ingedien het. Die MK-woordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê die party vra mense om aan te dring om te weet wat met hulle stemme gebeur het, want hulle het die reg om te weet. Ndhlela sê hulle sal op die geskikte tyd mense vra om hulle ontevredenheid oor al die ongeregtighede vreedsaam in die Parlement te wys, totdat iets aan hulle griewe gedoen is:
# Die ANC-Vroueliga loof en is trots op die behoud en erkenning van vroue se vermoë om te lei in die Nasionale Vergadering, die Nasionale Raad van Provinsies en provinsiale wetgewers. Die liga se sekretaris-generaal Nokuthula Nqaba sê die herbevestiging van die belangrikheid van vroueleierskap en geslagsgelykheid kan na ‘n kwalitatiewe oefening lyk, maar dit het kwantitatiewe en belangrike voordele vir die vooruitgang van die samelewing en die land. Nqaba vra voldoening aan geslagsgelykheid wanneer die van lede van die uitvoerende gesag aangestel word.
# Krieket: Bangladesj is deur na die Super Agts van die T20 Wêreldbeker na ‘n 21-lopie-oorwinning oor Nepal. Bangladesj se kolwers het gesukkel op ‘n moeilike blad by Arnos Vale in Kingston, en het 106 aangeteken in 19 beurte en drie balle. Maar ‘n blitzkrieg van vier vir sewe deur snelbouler Tanzim Hasan Sakib het Nepal gou diep in die moeilikheid gehad. Bangladesj eindig tweede in Groep D na Suid-Afrika, en sluit aan by Afghanistan, Indië en Australië in Groep 1 van die Super Agts.
# En ten slotte, die Tony-toekennings vir uitnemendheid in Broadway-teater het gister in New York Stad se Lincoln-sentrum plaasgevind. Shaina Taub het vir die beste partituur en beste boek in ‘n musiekblyspel gewen met Suffs, die storie van die beweging vir vrouestemreg. Die beste herlewing van ‘n musiekblyspel het gegaan aan Merrily We Roll Along, met Daniel Radcliffe en Jonathan Groff wat albei toekennings vir hulle toneelspel ontvang het. David Adjmi se toneelstuk Stereophonic, oor ‘n 70’s-era rockgroep wat ‘n album uitbring het die Tony gekry vir beste verhoogstuk en beste regisseur vir Daniel Aukin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….