Nuus 13:00
BULLETIN 30 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC bedank alle kiesers vir ‘n sterk mosie van vertroue in die demokrasie
# Solidariteit beskuldig die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling van rasse-vooroordeel in subsidiebetalings
# En, krieket: Die Proteas hoop hulle IPL-spelers sal ‘n groot verskil maak in die T20-Wêreldbekertoernooi
# Die ANC bedank elke Suid-Afrikaner nadat hulle in groot getalle opgedaag het om hulle swaar-gewonne demokratiese reg om te stem uit te oefen. Woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die groot opkoms bevestig die vertroue wat Suid-Afrikaners in die demokrasie het, en hulle vasberadenheid om ‘n sê te hê in die land se toekoms. Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die party sien uit na ‘n duidelike mandaat van kiesers om die werk voort te sit vir die transformasie van Suid-Afrika en die bou van ‘ n beter lewe vir almal.
Intussen toon oorlopige uitslae van die Verkiesingskommissie die ANC was ‘n rukkie gelede voor met 42,92-persent. Die DA was op 25,1-persent met die EFF op 8,68-persent. Die MK-party en die Patriotic Alliance is onder die top vyf nasionaal, met onderskeidelik 8,18- en 4,23-persent.
# Die vakbond Solidariteit beskuldig die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling van rasse-vooroordeel in subsidiebetalings aan welsynsorganisasies. Solidariteit veroordeel die nie-betaling van fondse en eis dringende optrede om die krisis aan te spreek, veral in Gauteng. Die vakbond het verlede week klagtes ontvang van organisasies aan wie subsidies belowe is, maar wat nie betaal is nie. Bianca Smit van Solidariteit waarsku die impak van onbetaalde subsidies strek verder as welsynsorganisasies, en pogings om die samelewing te verbeter, word uiters negatief hierdeur geraak:
# Krieket: Die Proteas se T20-Wêreldbekerveldtog begin Maandag in New York teen Sri Lanka. Suid-Afrika het hulle voorbereidings afgehandel deur ‘n T20-reeks teen die Windies met drie-nul te verloor. Die Proteas verwelkom egter verskeie spelers terug wat deelgeneem het aan die Indiese Premierliga, soos Aiden Markram, Heinrich Klaasen, David Miller, Tristan Stubbs en Marco Jansen. Die afrigter, Rob Walter, hoop dié spelers sal ‘n groot verskil maak:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-56-sent teen die dollar, 20-rand-8-sent teen die euro en 23-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-645-dollar-26-sent. Die prys van goud is twee-duisend-336-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-25-sent per vat.
# En, Caravaggio se laaste skildery, Die Martelaarskap van Sint Ursula, lok rekordskares by die Nasionale Gallery in Londen as deel van sy 200ste bestaansjaarvieringe. Die skildery is die laaste selfportret van die kunstenaar; die korthaar figuur agter die martelaar, met ‘n grimmige, doodse kleur wat in die niet inkyk hoewel sy misvormde gesig verberg is. Die kurator, Francesca Whitlum-Cooper, sê Caravaggio maak die kunswerk baie intiem, baie wreed en baie persoonlik op ‘n manier wat baie ander kunstenaars van daardie tyd nie gedoen het nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….