Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom kondig verskeie ingrypings aan om die energie-krisis die hoof te bied
# ActionSA verwelkom die Persraad se beslissing teen die publisering van ‘n anonieme peiling
# En, nuus van die Olimpiese Spele: Die Olimpiese ringe gaan teen die Eiffel-toring vertoon word
# Eskom het verskeie ingrypings ingestel om te help om die energiekrisis te beёindig. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het die media oor die energie-aksieplan ingelig en beklemtoon verskerpte instandhouding, die verkryging van onderdele en die benutting van die energie-oorlogskamer het bygedra om beurtkrag aan te pak. Ramokgopa beklemtoon egter Eskom is nie die enigste oplossing nie. Hy sê die nutsmaatskappy beplan om bewese kundigheid intern aan te stel en met die privaat sektor saam te werk:
# ActionSA het die uitspraak van die Persraad teen die publikasie van ‘n anonieme peiling deur Rapport en Netwerk24 verwelkom, wat die oorsprong weerhou het van ‘n verkiesingspeiling wat verlede maand uitgegee is. City Press en News24 het die artikel ook op dieselfde dag gepubliseer. ActionSA glo dit is ‘n peiling van die DA. Michael Beaumont van ActionSA sê dit is die eerste oorwinning in ‘n lang pad na die regulering van die peilingsbedryf wat nodig is om Suid-Afrika se jong demokrasie teen misbruike te beskerm:
# Metrorail in die Wes-Kaap sê treindienste wat geraak is deur die gure weer word geleidelik herstel. Die Stellenbosch-diens is weer in werking na herstelwerk aan beskadigde oorhoofse kabels. Stormsterk wind het rommel treinspore laat versper en elektriese infrastruktuur beskadig. Die Suidelike deurgang, wat die Kaapse Vlakte-lyn insluit, bly gesluit. Metrorail se woordvoerder, Zino Mihi, moedig pendelaars aan om alternatiewe vervoer te reël en digitale platforms vir inligting te gebruik:
# Olimpiese Spele: Die Olimpiese ringe gaan tydens die Spele op die Eiffel-toring in Parys vertoon word. Daar word die einde van die maand begin om die embleem aan te bring aan die kant van die wêreldberoemde toring wat oor die Seine-rivier in die Franse hoofstad uitkyk. Die organiseerders sê die Olimpiese vlam sal in die Tuilleries-tuine naby die Louvre-museum brand. Vanjaar se openingseremonie word nie in ‘n stadion gehou nie, maar op die Seine waar die atlete op ‘n vloot bote sal paradeer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 20-rand-8-sent teen die euro en 23-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-660-dollar-83-sent. Die prys van goud is twee-duisend-360-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 90-dollar-80-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die hip-hop-ikoon, Missy Elliott, gaan haar eerste toer ooit onderneem, waar sy die hoofitem op die program sal wees. Die toer, onder die titel, Out of This World: The Missy Elliott Experience Tour, sal in arenas in 24 stede gehou word, wat begin in Vancouver op vier Julie, en eindig in Rosemont, Illinois, op 22 Augustus. Busta Rhymes, Ciara en Timbaland sal saam met haar toer. Elliott het verlede jaar geskiedenis gemaak deur die eerste vroulike hip-hop-kunstenaar te word wat in die Rock and Roll-heldesaal opgeneem is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….