Nuus 12:00
BULLETIN 3 Oktober 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Hlabisa vra Plaaslike Regering moet die herstelknoppie druk om dienslewering te herstel
# Die Kommunikasiewerkers-unie striem die SABC-bestuur wat werkers te min betaal
# En, die DA veroordeel Mogale City oor ‘n verkwistende oortrokke fasiliteit van 4,9-miljoen-rand
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die regering wil ‘n herstelknoppie druk om dienslewering en finansiële bestuur te verbeter. Hy het by die Plaaslike Regering-Indaba in Midrand, Gauteng, gesê die bekamping van korrupsie, aanstelling van gekwalifiseerde beamptes, en die versterking van metro’s, is die sleutel tot die herstel van doetreffendheid, die lok van beleggings, en werkskepping. Hy het beklemtoon plaaslike regering moet sy rol aan die inwoners vervul:
# Die Kommunikasiewerkersunie beskuldig die SABC-bestuur dat hy werkers se regte, waardigheid en lewensbestaan ignoreer. Die vakbond sê werkers moet nog 50-persent van hul agterstallige salarisse vir die 2023/2024-boekjaar kry. Woordvoerder Moffat Seutlwadi sê die bestuur het boonop openlik verklaar daar sal geen salarisverhogings wees nie, wat beteken beloftes word verbreek en salarisse bly drie agtereenvolgende jare dieselfde:
# Die DA in Mogale City veroordeel die koalisie van die ANC, EFF, en Vryheidsfront Plus dat hulle ‘n 100-miljoen-rand oortrokke fasiliteit in 2024/25 goedgekeur het waarvoor die inwoners 4,9-miljoen-rand in onnodige rente moet betaal. Elektrisiteitstariewe het onbillik en duur geword en dienslewering het volgens die DA onder die alliansie verswak. Tyrone Gray van die DA sê hulle gekant teen die verkwistende besteding en belowe aanspreeklike regering, regverdige tariewe, en verbeterde munispale dienste, en bied inwoners ‘n kans op bekostigbare, effektiewe dienslewering in 2026:
# Israel het Donderdag internasionale veroordeling en protes in die gesig gestaan nadat sy weermag feitlik al 40 bote in ‘n flottielje met hulp aan Gaza onderskep en meer as 450 oorsese aktiviste gevange geneem het. Onder hulle is die Sweedse kampvegter Greta Thunberg. Lewendige uitsendings van die bote af het gewys hoe Isrealiese soldate met kopskerms en nagvisiebrille, op die skepe klim terwyl die passasiers in lewensreddingsbaadjies en hande omhoog saamgedrom het. President Cyril Ramaphosa het Israel intussen versoek om die ses Suid-Afrikaners en andere wat ook ontvoer is, vry te laat.
# Tennis: Novak Djokovic, wat al 24 grand slam toernooie gewen het, sê gesprekke oor die hersiening van die toerskedule duur nou al vir 15-jaar voort, maar spelers is nie verening om ‘n verandering teweeg te bring nie, hoofsaaklik uit eiebelang. Top spelers soos Carlos Alcaraz, Coco Gauff, en Iga Swiatek het al kritiek uitgespreek oor die veeleisende skedule en die aantal toernooie waarin hulle elke jaar speel. Djokovic sê die spelers belê nie genoeg tyd en energie daarin om te probeer die veranderings te laat gebeur nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-24-sent teen die dollar, 20-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-942-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-862-dollar-87-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 64-dollar-64-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….