Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Januarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Mededingingskommissie se rand-manipulasiesaak kry ‘n groot terugslag
# Die Green Connection is tevrede dat Karpowership sy plek in die netwerk kwyt is
# En, rugby: Owen Farrell se moontlike vertrek van Saracens af, sal ‘n groot verlies wees
# Die Mededingingskommissie se rand-manipulasiesaak het ‘n groot terugslag beleef toe die Mededingingsappèlhof 23 van die 28 handelsbanke wat by die ondersoek betrek is, vrygespreek het. Die kommissie het beweer die banke en finansiële instellings was betrokke by ʼn sameswering om die rand/dollar-wisselkoers tussen 2007 en 2013 te manipuleer. Die hof het bevind die kommissie het staatgemaak op vae bewyse en onvoldoende feite om sy saak te staaf. Slegs vyf banke, Investec, JPMorgan Chase, HSBC, BNP Paribas en Credit Suisse sal nou moontlik vervolg word.
# Die Green Connection sê hy is tevrede dat Turkye se Karpowership sy plek wat Eskom vir hom in die netwerk uitgehou het, kwyt is omdat hy die finansiële spertyd van 31 Desember misgeloop het. Karpowership het verlede jaar vir ‘n tydperk van 20 jaar toegang verkry tot drie hawens – Durban, Ngqura en Saldanhabaai – as deel van die oplossing vir die land se energiekrisis. Liz McDaid van Green Connection sê Karpowership was ‘n duur en omstrede projek:
# Misdaadkenners maan Suid-Afrika se polisiediens voer ‘n verlore stryd teen misdaad, met net 150-duisend lede vir ‘n bevolking van 62-miljoen mense. Dit is aansienlik minder as die meer as 2.7-miljoen geregistreerde werknemers van privaat sekerheidsmaatskappye in die land. Suid-Afrika het wêreldwyd een van die hoogste vlakke van geweldsmisdaad. Chad Thomas van IRS Forensic Investigations het die uitdagings bespreek met eNCA, en beklemtoon die behoefte dat die vaardigheidstekort moet aandag kry:
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ‘n waarskuwing aan voorlopige belastingbetalers uitgereik dat hulle belastingseisoen op 24 Januarie afgesluit word. Die spertyd het te make met die afhandeling van sake vir die 2022/23-belastingjaar. BusinessTech berig anders as vir nie-voorlopige belastingbetalers, wat reeds tussen Julie en Oktober verlede jaar hulle opgawes ingedien het, word voorlopige belastingbetalers definieer as diegene wat ‘n inkomste anders as vergoeding ontvang. Hulle het tot later die maand tyd om aanslae in te dien. Die inkomstediens verduidelik die spertyd stem nie ooreen met die voorlopige belastingopgawe-datums vir 2023/24 nie, om verwarring te voorkom.
# Rugby: Jamie George van Engeland sê Owen Farrell se diens aan die Engelse rugbyklub Saracens laat hom toe om die klub op sy eie voorwaardes te verlaat. Die France klub Racing 92 (RA-sieng) het volgens berigte met samesprekings begin om ‘n kontrak met Engeland se kaptein te onderteken, hoewel hulle nog nie ‘n ooreenkoms bereik het nie. Farrell se kontrak met Saracens verval na afloop van die 2023/2024 Premierliga-seisoen. George sê, indien Farrell Saracens wel verlaat, sal dit ‘n groot verlies wees vanweë sy stoffasie as speler en mens. Indien Farrell by Racing 92 aansluit, sal hy nie vir die nasionale span in aanmerking kan kom nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-65-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-874-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-32-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-69-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….