Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……….
In die bulletin:
# Oekraïne hoop Suid-Afrika sal die komende vredesberaad bywoon
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge steun die aanstelling van ‘n onafhanklike minister van Finansies
# En, sokker: Bafana se afrigter sê die wedstryd teen Zimbabwe is maak of breek
# Die regering van Oekraïne sê hy is optimisties dat Suid-Afrika ‘n hoëprofiel verteenwoordiger na die komende vredesberaad in Switserland sal stuur. President Cyril Ramaphosa gaan dit nie bywoon nie want hy fokus op die na-verkiesingsbestendigheid in die land. Oekraïne se spesiale verteenwoordiger vir die Midde-Ooste en Afrika, Maksym Subkh, het die rol van Ramaphosa en ander Afrikaleiers geloof vir die vredesending na Oekraïne en Rusland in ‘n poging om die oorlog te beëindig.
Die Instituut vir Rasseverhoudinge steun intussen die idee van ‘n onafhanklike minister van Finansies as deel van die samestelling van ‘n regering van nasionale eenheid. Die DA het glo tydens samesprekings met die ANC voorgestel Ramaphosa stel ‘n minister van Finansies aan wat nie deel van die ANC is nie. Michael Morris van die instituut sê die aanstelling van ‘n geloofwaardige, gekwalifiseerde en onpartydige persoon om die Nasionale Tesourie te bestuur is ‘n manier om sleutel kabinets-portefeuljes te depolitiseer:
# Die Grensbestuursowerheid het berigte weerlê dat die oorgang tot ‘n biometriese stelsel op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vertragings vir internasionale vertrek- en aankomste veroorsaak. Woordvoerder Mmemme Mogotsi sê die huidige verwerkingstelsel by sy Immigrasiedienste is ten volle in bedryf en ontwerp om hoë volume verkeer doeltreffend te hanteer. Sy voeg by die vals berigte het onnodige kommer by reisigers en belanghebbendes veroorsaak:
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hulle móét vanaand hul Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen Zimbabwe in Bloemfontein wen. Dit sal Suid-Afrika se derde kragmeting teen die Warriors wees in die kwalifiseringsronde vir die wêreld-kompetisie, terwyl hulle net soveel teen hul gereeldste teenstander, Burkina Faso, gespeel het. Broos sê hy is vol vertroue dat sy span die paal sal haal:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-5-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-353-dollar-82-sent. Die prys van goud is twee-duisend-305-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-54-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Nuwe studie het bevind plastiekprodukte met helder kleure breek gouer af na mikroplastiek as dié met ‘n neutrale kleur. Navorsers aan die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van Leicester het bevind kleure soos rooi, blou en groen versnel die afbreek van plastiek, en verhoog moontlik omgewingsbeskadiging. Die bevindings, gegrond op dakblootstelling en strandmonsters, beteken vervaardigers moet dalk die gebruik van sekere kleurstowwe heroorweeg om mikroplastiek-besoedeling teen te werk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….