Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA ondersoek glo twee moontlikhede vir ‘n koalisieregering
# BOSA gaan Maimane en Hlazo Webster Parlement toe stuur
# En, sokker: Real Madrid onderteken ‘n vyfjaarkontrak met Kylian Mbappé
# Die DA ondersoek volgens berigte twee moontlikhede terwyl koalisiegesprekke voortgaan. Die ANC het in die verkiesing net 40-persent stemme gekry en die DA 21,76-persent, en die twee partye kan ‘n koalisie vorm vir ‘n gesamentlike meerderheid van bo 60-persent. Die DA het ʼn onderhandelingspan saamgestel wat voormalige partyleiers Helen Zille en Tony Leon insluit. Volgens News24 sê verskeie bronne in die DA die party oorweeg ʼn koalisieregering met die ANC wat kabinetsposte sal insluit, of dat die DA die mees senior posisies in die Parlement kry.
Build One South Africa sê intussen sy leier, Mmusi Maimane, en onderleier Nobuntu Hlazo-Webster sal die party in die Parlement verteenwoordig. Ayanda Allie sal die party in die Gautengse wetgewer verteenwoordig waar hy een setel het. Bosa se waarnemende woordvoerder, Roger Solomons, sê al drie kandidate is jonger as 45 en beskik oor ʼn wye reeks vaardighede, asook ervaring in baie sektore:
# Die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad is besig om 58 nuwe aansoeke vir geografiese naamsveranderings regoor die land te hersien, insluitend dorpe, nedersettings, riviere en paaie. Die raad het sedert sy ontstaan een-duisend-505-gebiede hernoem, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Daar is openbare teenkanting en kritiek oor die pogings terwyl dringender kwessies oor die hoof gesien word. Onlangse veranderings sluit in Ladysmith in KwaZulu-Natal na uMnambithi en Kirkwood in die Oos-Kaap na Nqweba.
# Sokker: Real Madrid het ʼn vyfjaarkontrak met die Franse voorspeler Kylian Mbappé onderteken met ʼn gratis oordrag van Paris Saint-Germain. Die 25-jarige speler het PSG 308 keer verteenwoordig en 256 doele aangeteken. Mbappé sê hy is gelukkig en tevrede om by die klub van sy drome aan te sluit. Madrid het Saterdag op Wembley met Borussia Dortmund afgereken en hul rekord tot ʼn 15de Kampioenskapsliga-titel verbeter.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-107-dollar-92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-336-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-4-sent per vat.
# En ten slotte: ActionSA sê hy beskou dwelmmisbruik as ʼn siekte en menslike tragedie wat elke dag in gemeenskappe ontvou. Juniemaand is Dwelmbewustheids-maand en die party vra optrede om die epidemie van dwelmmisbruik en dwelmhandel deur arrogante kartelle teen te werk. Dereleen James van ActionSA sê alle rolspelers moet saamwerk om ʼn veiliger, gesonder en meer deernisvolle samelewing te skep deur die omvattende instelling van die Nasionale Dwelm-meesterplan:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….