Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK sê stemme kan moontlik oorgetel word
# Die DA en EFF ontvang meer stemme as die ANC in die buiteland
# En, rugby: Drua beëindig Crusaders se hoop om die Super Rugby-kwarteindronde te haal
# Die Verkiesingskommissie sê hy sluit nie die moontlikheid uit dat stemme oorgetel kan word nie. Dit volg na amptelike besware van verskeie politieke partye wat vele teenstrydighede in die telproses geopper het. Die MK-party is een van hierdie partye wat die uitslag in sekere provinsies verwerp. Die OVK se hoofbestuurder, Granville Abrahams, sê daar moet nog oor die kwessie besluit word:
Intussen het die DA 75,23-persent van die stemme ontvang wat in die buiteland uitgebring is. Suid-Afrikaners in die buiteland het die naweek van 17 tot 19 Mei gestem. Ander partye onder die topvyf is die EFF met 4,4-persent, die ANC met 3,92-persent, RISE Mzansi met 3,54-persent en die Vryheidsfront Plus met 3,03-persent. Altesaam 39-duisend-116 kruisies is getrek waarvan 32 bedorwe stemme was. Die uiteindelike totaal is 39-duisend-84 geldige stemme.
Met 98.45-persent van stemdistrike afgehandel, is die ANC nasionaal voor met 40,23-persent. Die DA is tweede met 21,67-persent en die MK Party derde met 14,73-persent. In die hewig betwiste KwaZulu-Natal is MK op 45,35-persent, die IVP tweede met 18,04-persent en die ANC op 16,97-persent. In Gauteng loop die ANC voor met 34,55-persent, gevolg deur die DA met 27,77-persent en die EFF met 12,89-persent. In die Wes-Kaap loop die DA voor met 55,34-persent van die stemme, gevolg deur die ANC met 19,45-persent en die Patriotic Alliance met 7,85-persent.
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres het Israel se nuwe voorstel vir ‘n permanente skietstaking in Gaza verwelkom. Die drie-fase voorstel begin met ‘n skietstaking van ses weke waartydens die Israelse weermag uit Gaza onttrek, die vrylating van gyselaars in ruil vir honderde Palestynse gevangenes se vrylating en groter humanitêre hulp. ‘n VN-woordvoerder, Stéphanie Dujarric sê die situasie in Gaza is wanhopig:
# En laastens: Rugby: Die Drua van Fidji het die Melbourne Rebels met 40-19 oorweldig en die laaste plek in die Super Rugby-kwarteindronde opgeraap. Dit het die uitspeelhoop van die Canterbury Crusaders beëindig. Die Drua het vroeg in die tweede helfte drie drieë gedruk wat hulle ‘n bonuspunt besorg en na die sewende plek opgeskuif het. Die Rebels sal agste eindig, wat beteken hulle speel die eerste keer in 14 seisoene in volgende week se kwarteindronde. Dit kan hulle laaste wedstryd wees nadat ʼn privaat aanbod om die skuld-belaaide klub te red, verwerp is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….