Nuus 11:00
BULLETIN 18 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n ANC-leier sê die wêreld se dekolonialiseringsprogram is nog nie klaar nie
# ‘n Afrika varkgriep-uitbreking word in George aangemeld
# En, tennis: Swiatek wen die Doha-titel drie keer agtereenvolgens
# ‘n Lid van die ANC se nasionale komitee, Obed Bapela, sê kolonisasie is verby, maar die wêreld se dekolonisasieprogram het nog nie geëindig nie. Bapela is deel van die ANC se afvaardiging wat die ondersteunersforum van die stryd teen moderne neo-koloniale praktyke in Moskou bywoon. Bapela sê vir die eerste keer het alle voormalige koloniale lande vergader om ‘n globale suide-organisasie te stig om neokolonialisme finaal nek om te draai:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê ‘n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes is bevestig by varke van kleinboere aan die buitewyke van Groeneweidepark in George. Sowat 45 varke het tot dusver gevrek, en die gebied is onder kwarantyn. Die gemeenskap word ten sterkste aangeraai om nie enige varke of varkprodukte uit die gebied te verwyder nie. Meyer sê die virus is ‘n siekte wat slegs by varke voorkom en affekteer nie mense of ander diere nie:
# Die ministers van Bosbou, Vissery en die Omgewing, Barbara Creecy, en Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, het kennis geneem van kommer by die publiek oor Randwater se gebruik van die chemiese onkruiddoder, glifosaat, om uitheemse indringerplante uit die Vaalrivier te verwyder. Rand Water se proses behels die fisiese verwydering van die plante, bio-beheer en chemiese middel-aanwending. ‘n Woordvoerder van die Omgewingsdepartment, Peter Mbelengwa, sê die indringerspesies van Suid-Amerika het teen ‘n ontstellende tempo weens rioolstortings toegeneem:
# ‘n Senior amptenaar in Pakistan het verkiesingsbedrog te midde van protesoptrede erken – ‘n week na daar nie ‘n duidelike wenner in die proses was nie. Die verkiesing is in omstredenheid en bewerings van manipulasie, gehul. Die kommissaris van Rawalpindi, Liaqat Ali Chattha, het aan die media gesê owerhede het die uitslag van onafhanklike kandidate verander, met verwysing na diegene wat deur die voormalige eerste minister, Imran Khan, se party gesteun is. Khan dien tans tronkstraf uit. Chattha sê die gepeuter het die 70-duisend stemme in 13 nasionale vergaderingsetels omgekeer.
# En, tennis: Die wêreld se nommer-een-speler, Iga Swiatek van Pole het die Kataar-Ope gewen deur die wêreld se nommer vier, Elena Rybakina, met 7-6, 6-2 te klop. Swiatek het die eerste speler in byna nege jaar geword om ‘n Wêreldtennisvereniging-byeenkoms drie keer agtermekaar te wen. Haar oorwinning teen die Kazakhstani is haar 12de agtereenvolgende sege by Doha. Met die oorwinning het Swiatek haar 18de enkelspeltitel ingepalm en die eerste van die 2024-seisoen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….