Nuus 11:00
BULLETIN 22 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA is bekommerd oor die duur van die ampsklagproses
# Marco Rubio sê Kuba is ’n nasionale bedreiging vir Amerika en hy twyfel of diplomasie sal werk
# En sokker: Hugo Broos wys ‘n voorlopige Bafana Bafana-groep van 32 aan vir die Wêreldbekertoernooi
# Die DA is bekommerd oor hoe lank die ampsklagkomitee se voorbereiding gaan duur om met sy werk te begin. Die subkomitee vir die Hersiening van Vergaderingreëls glo dit kan maande neem om die operasionele padkaart en wysigings aan reëls af te handel voor die ampsklagkomitee kan begin om die bewyse teen president Cyril Ramaphosa te verwerk. George Michalakis van die DA sê die publiek wil hê die proses moet afgehandel word:
Intussen is die MK-party gefrustreerd met die regsmening van die subkomitee. Die ampsklag-komitee sal ‘n onafhanklike paneelverslag oorweeg wat voorgestel het Ramaphosa moet dalk antwoorde verstrek oor die diefstal op sy plaas, Phala Phala. Mzwanele Manyi van die MK-party sê die Parlement moet ‘n tweede mening inwin:
# FlySafair hou vol sy oorbesprekingsmodel is wettig en word algemeen toegepas in die lugvaartbedryf wêreldwyd. Die Nasionale Verbruikerskommissie het die lugredery na die Nasionale Verbruikerstribunaal verwys omdat hy vlugte oorbespreek. Dit volg na bevindings dat die laekoste-lugredery moontlik die Wet op Verbruikersbeskerming oortree het. FlySafair sê hy vertrou die inagneming van die feite, die regsraamwerk en heersende bedryfspraktyke sal bewys dat hy wetlik, deursigtig en met respek vir verbruikersregte opgetree het.
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Kuba is reeds jare lank ‘n bedreiging vir Amerika weens sy bande met dié land se vyande. Amerika het strafregtelike klagtes ingedien teen die voormalige Kubaanse leier, Raúl Castro. President Donald Trump het voorheen gesê hy wil ʼn regime-verandering sien op die eiland wat sedert 1959 ʼn kommunistiese regering het. Rubio sê hy twyfel of ʼn diplomatieke oplossing moontlik is onder die huidige bewind:
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het ʼn voorlopige groep van 32 aangekondig vir die Wêreldbekertoernooi in Amerika, Kanada en Mexiko. Dit sluit sewe spelers in wat in die buiteland speel, onder andere Lyle Foster and Olwethu Makhanya. Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates het elk nege spelers in die groep en Bradley Cross en Olwethu Makhanye is onder die nuwelinge. Broos sal Woensdag die finale groep bekendmaak. Suid-Afrika is in Groep A saam met die mede-gasheer, Mexiko, Suid-Korea en die Tsjeggiese Republiek.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-12 teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-271-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-524-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 101-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….