Nuus 11:00
BULLETIN 12 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Amnestie Internasionaal sê Suid-Afrika se saak teen Israel kan hoop bied vir internasionale reg
# Die Kaapse Forum sê Ramaphosa se poging om toelaagbegunstigdes bang te maak, is laakbaar
# En, ‘n nuwe studie stel haalbare befondsing voor vir ‘n basiese inkomstetoelaag in Suid-Afrika
# Amnestie Internasionaal sê die Internasionale Geregshof se ondersoek na Israel se optrede is ‘n noodsaaklike stap vir die beskerming van Palestynse lewens, en om vertroue en geloofwaardigheid in die universele toepassing van internasionale reg te herstel. Die hof het gister Suid-Afrika se argumente aangehoor waarin hy Israel van volksmoord in Gaza beskuldig. Israel se regspan sal vandag hulle betoë voorlê. Amnestie Internasionaal se sekretaris-generaal, Agnès Callamard, sê die uitkoms van die saak kan ook hoop skep vir internasionale reg.
# Die burgerregte-organisasie Kaapse Forum het sy kommer uitgespreek oor president Cyril Ramaphosa se onlangse opmerkings oor maatskaplike toelaes. Die president het oproer veroorsaak toe hy gesê het maatskaplike toelaes en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sal waarskynlik verdwyn as die ANC nie die verkiesing te wen nie. Kaapse Forum se voorsitter Heindrich Wyngaard, sê Ramaphosa se poging om begunstigdes bang te maak, is laakbaar:
# ‘n Nuwe studie daag die gedagte uit rondom Suid-Afrika se finansies wat nie ‘n basiese inkomstetoelaag kan ondersteun nie, en stel befondsing deur ‘n 1-persent welvaartbelasting en ‘n maatskaplike sekerheidsbelasting voor. Die Instituut vir Ekonomiese Geregtigheid en Toegepaste Ontwikkelings-navorsingsoplossings skat die toekenning se koste op tussen 39- en 47-miljard-rand tussen 2023 en ’25. Ondanks kommer oor lenings of belastingverhogings, dui die studie aan ‘n welvaartbelasting op die top-inkomsteverdieners kan armoede verlig. Die voorstel volg te midde van debatte oor oplossings vir ongelykheid en kan ‘n fokuspunt in vanjaar se verkiesing word.
# Die GOOD party in Nelson Mandelabaai het ʼn mosie van wantroue teen burgemeester Gary van Niekerk ingedien, as deel van pogings om stabiliteit en etiese leierskap in die munisipaliteit te herstel. Die burgemeester het verlede jaar talle mosies van wantroue oorleef. Janke Tolmay van die GOOD Party sê Van Niekerk toon toenemende vlakke van onbevoegdheid, wat gelei het tot die aansienlike verval van munisipale sake en ʼn ernstige gebrek aan etiese leierskap:
# Krieket: Die uitvoerende hoof van Yorkshire Krieket, Stephen Vaughan, het die besluit verdedig om die omstrede konsortium onder leiding van Colin Graves toe te laat om die klub oor te neem in die lig van sy benarde finansiële posisie. Die klub is tydens Graves se vorige termyn as voorsitter by Yorkshire van 2012 tot 2015 beboet omdat hy nie teen die sistemiese gebruik van diskriminerende of rassistiese taal opgetree het nie. Vaughan het aan die BBC gesê uit meer as 350 moontlike beleggers was Graves-hulle se aanbod die enigste haalbare opsie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-41-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-24-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-en-34-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….