Nuus 12:00
BULLETIN 9 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Honderde gestrande Malawiërs wag vir busse huis toe
# Sewe mense sterf in twee afsonderlike skietvoorvalle op die Kaapse Vlakte
# En die Britse Arbeidersparty se leierskapswedloop het amptelik geopen
# Meer as 500 Malawiese burgers slaap sedert Maandag voor die Malawiese hoëkommissariaat in Pretoria terwyl hulle wag op busse na hul vaderland. Baie kon weens beperkte vervoer nie sitplekke kry nie en gesinne, kinders en swanger vroue is gevolglik gestrand. Yusuf Mustafa van die Instituut vir Islamitiese Dienste sê vrywilligers kon slegs 300 van die mense van kos voorsien. Die DA-lid, Shimmy Mashamaite, sê Malawiërs van verskeie provinsies het na die ambassade gereis op soek na skuiling.
Intussen sê Forum for South Africa Suid-Afrika kan nie verdere vertragings bekostig met die afdwing van immigrasiewette en beveiliging van sy grense nie. Binnelandse Sake is bekommerd oor begrotingbeperkings en die tekort aan personeel om doeltreffend op te tree teen onwettige immigrasie. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê hulle kan aan die departement vyf-duisend of meer gedissiplineerde Suid-Afrikaners voorsien wat gewillig is om te help met die afdwing van immigrasie-optrede:
# Die Kaapstadse polisie ondersoek twee massa-skietvoorvalle gisteraand in Tafelsig, Mitchells Plain, en in Philippi-Oos waarin sewe mense dood en vyf gewond is. Woordvoerder Andrè Traut sê in die eerste voorval in Tafelsig is vyf mans buite ‘n plaaslike snoepwinkel geskiet en drie slagoffers van 18, 19 en 51 is op die toneel dood verklaar. Hy sê in Philippi-Oos is sewe mense geskiet en vier slagoffers tussen 17 en 20 is dood:
Nuus uit die buiteland:
# Die Britse Arbeidersparty het amptelik benoemings geopen vir sy volgende leier nadat Keir Starmer onlangs bedank het. Enige Arbeiders-parlementslid wat belangstel in die posisie, moet 20-persent van hul kollegas se steun verseker, wat tans 81 LP’s is. Hulle benodig ook die steun van minstens drie organisasies wat aan die party verbonde is. Andy Burnham sal na verwagting die enigste kandidaat wees, wat beteken hy kan volgende Vrydag tot nuwe leier verklaar word en dan Maandag die 20ste die nuwe eerste minister word.
# Tennis: Suid-Afrika se viermalige Grand Slam-kampioen, Kgothatso Montjane, en haar Britse dubbelspel-maat, Lucy Shuker, is deur na die halfeindronde van die rolstoel-vrouedubbelspel op Wimbledon. Hulle het Ksenia Chasteau van Frankryk en die Nederlander Jiske Griffioen geklop. Montjane het Wimbledon se rolstoel-dubbelspel in 2024 gewen saam met haar Japannese spanmaat, Yui Kamiji, terwyl Shuker aan vyf dubbelspel-eindstryde deelgeneem het. Hulle sal met die eerste-gekeurde Yui Kamiji van Japan en Zhenzhen Zhu van China meeding vir ‘n plek in die eindstryd.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-34-sent teen die dollar, 18-rand-69-sent teen die euro en 21-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-977-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-115-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 76-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….