Nuus 11:00
BULLETIN 12 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbalula doen beroep vir onmiddellike skietstaking in Gaza
# Malema sê ANC sal nie die 2024 verkiesings oorleef nie
# En, krieket: Die Wêreldbeker-halfeindstryd-finaliste berei voor vir die beslissende eindstryd
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, doen ‘n beroep vir ‘n onmiddellike skietstaking in Gaza en die hervatting van vredesonderhandelinge tussen Israel en Palestina. Mbalula het tydens die Palestynse solidariteitsopmars in Kaapstad gepraat. Hy sê Suid-Afrika se standpunt stem ooreen met die Verenigde Nasies se resolusies wat vra vir die onttrekking van Israel uit besette gebiede en die dringende implementering van die twee-staat-oplossing – ‘n onafhanklik Palestynse Staat wat in vrede langs die Israeliese Staat bestaan:
Die EFF-leier Julius Malema sê die ANC sal nie die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings oorleef nie. Malema het die Mpumalanga Ground Forces Forum in Mbombela toegespreek. ‘n Nuwe verteenwoordigende steekproef van Ipsos toon as ‘n verkiesing môre gehou word, sal die ANC 42-persent van die stemme kry. Malema sê hy voel jammer vir diegene wat glo die ANC sal in 2024 oorleef:
# Die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika se nuwe demokrasie wat die land in 1994 geërf het, was wyd en ingewikkeld. Sy voeg by burgers moet nie die struikelblokke onderskat waarvoor hulle te staan gekom het met die transformasie van elke faset van die samelewing om van diskriminasie en ongelykheid bevry te word nie. De Lille het by die party se eerste nasionale konferensie in Kaapstad gepraat. Sy sê 30 jaar later is die land steeds in ‘n afwaartse spiraal en die geskiedenis kan nie meer as ‘n verskoning gebruik word nie. De Lille waarsku die geskiedenis toon wanneer ‘n bevrydingsorganisasie in duie stort, kan chaos ontstaan.
# Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, doen ‘n beroep op kiesers om die party te help met die herstel en herbou van die land sodat hulle hoop vir die toekoms kan hê. Groenewald het tydens die party se verkiesingsveldtog in Goodwood, Kaapstad, gepraat. Hy sê die situasie in Suid-Afrika het so versleg dat kinders sand eet net om iets in hulle mae te kry. Werkloosheid staan op 43-persent en 60-persent onder die jeug. Groenewald sê die syfers verteenwoordig mense wat geen hoop of toekoms het nie.
# En, laastens: krieket: Na 45 rondomtalie-wedstryde oor meer as vyf weke is tien spanne uitgedun tot vier vir die Wêreldbeker. Die gashere Indië is bo aan die punteleer en speel Woensdag teen Nieu-Zeeland, wat vierde geplaas is, in die eerste halfeindstryd in Moembaai. Suid-Afrika, wat tweede op die punteleer is, pak Australië in die ander halfeindstryd Donderdag in Kolkata. Die eindstryd is volgende Sondag in die reuse Narendra Modi-stadion in Ahmedabad. Daar is vanjaar nie enige uitspeelwedstryde om die derde en vierde plekke nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….