Nuus 11:00
BULLETIN 28 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile sê die regering van nasionale eenheid werk aan die verbetering van mense se lewens
# Kaapstad se kragonderhoudspanne takel meer as 19 000 kragfoute te midde van ongekende stormweer
# En, Olimpiese Spele: Nadal en Alcaraz blink uit in hulle eerste dubbelspel saam
# Adjunkpresident Paul Mashatile het burgers weer eens verseker die regering van nasionale eenheid werk daaraan om ‘n gemeenskaplike program te ontwikkel om ‘n beter, meer gelyke en meer regverdige Suid-Afrika te skep. Mashatile sê die 2030 Nasionale Ontwikkelingsplan se doelwitte bly die sentrale pilaar wat die ontwikkelingsbenadering rig. Hy sê die regering van nasionale eenheid fokus op strategiese prioriteite, insluitend die bevordering van inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping, die handhawing en optimalisering van maatskaplike lone, en die bou van ‘n bekwame, etiese en ontwikkelingstaat.
# Die EFF-leier, Julius Malema, het herhaal die party staan in solidariteit met die mense van Palestina en die Demokatiese Republiek die Kongo. Malema het die EFF se elfde verjaardagvieringe in Kimberley in die Noord-Kaap toegespreek. Hy sê die party en al sy lede steun die stryd om onderdruktes te help en die versterking van die gemarginaliseerdes se stemme:
# Die Stad Kaapstad se kragonderhoudspanne het byna 19-duisend stormverwante foute die afgelope twee weke herstel. Die voortdurende winterstorms het chaos in die stad veroorsaak, wat tot nou toe tot skade van 16,6-miljoen-rand, net aan kraginfrastruktuur, gelei het. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die stad se suidelike gebied, wat Mitchells Plain, Muizenberg, Wynberg en Gugulethu insluit, het die grootste aantal voorvalle van beskadigde infrastruktuur aangemeld:
# ‘n Veldbrand in Noord-Kalifornië het binne 24 uur meer as verdubbel in omvang. Duisende brandslaners voer ‘n stryd teen die vlamme, sowat 140-kilometer noord van Sacramento, met ontruimingsbevele en waarskuwings aan talle gemeenskappe. Dit sluit in Paradise, die dorp wat in 2018 in nog ‘n brand verwoes is. ‘n Man is verlede week gearresteer na hy vermoedlik die jongste brand veroorsaak het deur ‘n brandende motor in ‘n sloot in te stoot. Die brand is nou die grootste een vanjaar in die staat,
# En die Olimpiese Spele: Spanje se droom-dubbelspel-tennisspan, Rafael Nadal en Carlos Alcaraz, het hulle eerste wedstryd as dubbelspelpaar gisteraand in Parys gewen. Hulle het Maximo Gonzalez en Andres Molteni van Argentinië met 7-6, 6-4 uitgeskakel. Nadal, wat ‘n Olimpiese goue medalje in die enkelspel in 2008 en in die dubbelspel in 2016 verower het, speel vandag in die eerste ronde-enkelspel teen Marton Fucsovics van Hongarye. Nadal, wat heel waarskynlik sal wen, kom dan in die tweede ronde teen Novak Djokovic te staan. Die Serwiese kampioen het die Australiër Matthew Ebden met 6-0, 5-1 verslaan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….