Nuus 11:00
BULLETIN 20 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum steun ‘n top-amptenaar van Unisa in ‘n Valke-ondersoek
# Tshwane verwelkom die Hooggeregshof se uitspraak in ‘n geskil oor elektrisiteits-opskortings
# En, tennis: Swiatek behaal ‘n perfekte 10 in Stuttgart terwyl Vondrousova Sabalenka skok
# AfriForum steun Unisa se waarnemente adjunkprinsipaal van Finansies, Reshma Mathura met haar klagte by die Valke. Mathura beweer daar is saamgesweer om haar valslik te betrek by kriminele optrede, met ongevraagde betalings in haar rekening. Die kommunikasiebestuurder van AfriForum, Barry Bateman, sê hulle het Unisa se raadsvoorsitter Daniel Mosia gevra om in te gryp in Mathura se stryd, en beskuldig Unisa se bestuur nou van nalatigheid en van die saai van agterdog:
# Die Stad Tshwane vier die Appèlhof se besluit teen ‘n Hooggeregshof-bevel, wat die stad nou in staat stel om sy krediet-verordening af te dwing en die elektrisiteit van die Zambezi-kleinhandelparksentrum af te sny. Die bevel verduidelik, deeltitel-eienaars kan nie indiwiduele kragvoorsiening eis nie. Lindela Mashigo van die stad vra kliënte om agterstallige bedrae te betaal en beklemtoon die belangrikheid van behoorlike bestuur deur beheerliggame:
# Die Ministerie van Polisie bied vandag ‘n Misdaadvoorkomings-imbizo aan in Gugulethu, in die Wes-Kaap, om veiligheidskwessies aan te spreek en misdaad te bekamp. Gugulethu is die tuiste van hoë-misdaad-gemeenskappe en is onder die top tien gebiede vir moorde in die provinsie, met vuurwapens as die primêre wapen. Vandag se Imbizo fokus op die aanpak van ernstige en geweldsmisdade en die bevordering van nouer samewerking tussen inwoners en wetstoepassers om polisiereaksie te verbeter.
# Oekraïne het gister ‘n Russiese strategiese bomwerper afgeskiet nadat dit deel was van ‘n langafstrand-lugaanval waarin agt mense, onder wie twee kinders, dood is. Reuters haal Kiëf aan wat sê Rusland skerp sy aanvalle op sy energiestelsel en ander teikens op. Dit plaas druk agter die voorste linies waar Russiese mag stadig vorder in die ooste. Rusland ontken die teikening van burgerlikes en sê die energiestelsel is ‘n wettige teiken, maar honderde burgerlikes is reeds in lugaanvalle dood.
# En, tennis: Die wêreld nommer-een en verdedigende kampioen, Iga Swiatek, het in Stuttgart haar tiende agtereenvolgende wedstryd gewen toe sy Emma Raducanu geklop het, en na die halfeindronde deurgedring het. Marketa Vondrousova het Aryna Sabalenka, wat drie keer die naaswenner was, uitgeskakel en ook na die halfeind deurgedring. Die topgekeurde Swiatek, die 2022- en 2023-kampioen by die Duitse kleibaantoernooi, het die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen 7-6, 6-3 in haar kwarteindstryd geklop. Die 22-jarige Poolse speler het net meer as twee uur nodig gehad teen Raducanu, wat vir die eerste keer sedert 2022 in ‘n kwarteindstryd was.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….