Nuus 11:00
BULLETIN 6 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Kubayi doen ‘n oproep om klimaatbestande boupraktyke
# Die Weerdiens waarsku oor ontwrigtende stormweer langs die kuslyn
# En, krieket: Archer behoort fiks te wees vir die T20 Wêreldbeker ná sy elmboogbesering
# Die minister van Menslike Nedersettings Mmamoloko Kubayi maak voorspraak vir klimaats-bestande boupraktyke. Sy het die Indaba oor die Beboude Omgewing van die Black Business Council toegespreek en klem geplaas op Suid-Afrika se hoë koolstofuitlatings. Die minister onderstreep die behoefte aan venuwende en bekostigbare praktyke om die uitwerking van klimaatsverandering teen te werk. Kubayi vra volhoubare praktyke regdeur die bou-siklus, en moedig swart sakeleiers aan om klimaats-kommer voorop te stel en agtergeblewe gemeenskappe te steun wat geraak word deur klimaatverwante rampe.
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen lae watervlakke en negatiewe stormtoestande môre en oormôre aan die suidwestelike en suid-oostelike kusgebied van Saldanhabaai tot Gqeberha. Sterk wind kan hawens, kus-infrasturktuur en vervoer ontwrig. Die voorspeller Hannelee Doubell raai die publiek aan om ingelig te bly oor die intensiewe afsny-laedrukstelsel wat die naweek die land affekteer:
# Daar word gesê dat klimaatsverandering die oorsaak is dat sommige van Skotland se oudste kusbane gevaar loop om in die see te verdwyn. Een van hulle, die Montrose-klub, het net die afgelope jaar ‘n yslike sewe meter na die see verloor, terwyl Fortrose en Rosemarkie naby Inverness groot dele van hul skoonvelde verloor het weens Storm Babet in Oktober verlede jaar. BBC News berig gholfbane aan die Ooskus word veral beïnvloed, met meer as 30 bane wat reeds ly as gevolg van stygende seevlakke.
# Krieket: Die Engelse snelbouler, Jofra Archer, behoort gereed te wees vir die T20 Wêreldbeker. ‘n Elmboogbesering het hom bykans ʼn jaar uit aksie gehou. Archer het in die voor-seisoen vir Sussex geboul en het nou na sy geboorteplek in die Karibiese Eilande teruggekeer om voor te berei vir die Wêreldbeker wat in Junie in die Windies en Amerika begin. Hy was Engeland se wedstrydwenner in die eindstryd in 2019 van die Wêreldbeker oor 50 boulbeurte teen Nieu-Seeland toe hy die super-beurt afgestuur het.
# En, laastens: Zimbabwe se sentrale bank het ‘n nuwe geldeenheid, die Zimbabwe Gold, onthul. Dit vervang die Zimbabwiese dollar om stygende inflasie teen te werk en die ekonomie te stabiliseer. Die president van die Reserwebank, John Mushaya-vanhu, het banke opdrag gegee om alle Zimbabwiese dollar-rekeninge te hernoem as ZiG-rekeninge. Hy sê die geldeenheid sal gesteun word deur buitelandse valuta en goud vir vereenvoudiging en voorspelbaarheid vir die land se finansiële stelsel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….