Nuus 11:00
BULLETIN 17 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die energiereguleerder gee die groen lig vir die oordrag van Eskom se magte aan ‘n nasionale transmissie-maatskappy
# Vyf-en-dertig lede van een familie is in ‘n aanval op Gaza dood
# En, rugby: Ierland is wéér as die Sesnasies-kampioene gekroon
# Die Nasionale Energiereguleerder het toestemming gegee vir die oordrag van Eskom se magte en pligte rakende kragaankope-ooreenkomste met onafhanklike kragverskaffers aan die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika. Dit is in ooreenstemming met die Wet op Elektrisiteitsregulering. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die transmissiemaatskappy se handelslisensie gaan dienooreenkomstig verander word:
Cosatu sê intussen werkers vrees Eskom se ontbondeling kan ‘n voorloper wees tot sy toekomstige privatisering, wat werkgeleenthede en kragtariewe kan raak. Die vakbondfederasie is erg bekommerd oor die ontbondeling, insluitend die aankondiging oor die daarstelling van ‘n transmissiemaatskappy. Cosatu se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle is gekant teen die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteit en doen ‘n beroep op die parlement om dit te verwerp:
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het ‘n dringende interdik aan die Stad Kaapstad toegestaan teen enige persoon wat probeer om die MyCiTi-busdiens se oprigtingprojek in Mitchells Plain te vertraag. Diegene wat die interdik oortree, sal in hegtenis geneem word. Die burgemeesterskomiteelid vir Mobiliteit, Rob Quintas, sê die projek is sedert 28 Februarie vertraag, wat beteken die stad het reeds minstens 13 werksdae verloor:
# Die ministerie van Gesondheid in Gaza sê 37 mense, insluitend kinders en verwagtende vroue, is die naweek in ‘n Israelse lugaanval op ‘n woongebied in sentraal-Gaza dood. CNN sê hy het beeldmateriaal van die voorval naby die Nuseirat-kamp bekom wat toon hoe dooies en gewondes na die Al Aqsa Martyrs-hospitaal gebring word. Volgens mediese personeel was 35 van die 37 slagoffers lede van een familie. Die Israelse weermag het ook beeldmateriaal oor die aanval uitgereik, en sê “verskeie Hamas-terroriste” het in die gebied gewoon.
# En, rugby: Ierland het hulle titel behou met ‘n oorwinning van 17-13 teen Skotland in Dublin om die 2024-Sesnasies-kampioenskap weer in sy guns te beklink. Frankryk het in Lyon vir Engeland ore aangesit met ‘n riller van sewe drieë. Die telling was 33-31. En Italië het ‘n naelskraapse oorwinning van 24-21 teen Wallis in Cardiff behaal, wat beteken die tuisspan het vir die eerste keer in 21 jaar heel laaste geëindig. Die hoofafrigter, Warren Gatland wou na die vernedering bedank, maar die Walliese Rugbyunie het sy aanbod verwerp.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….