Nuus 11:00
BULLETIN 9 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Clover onttrek duisende eenhede grondboontjiebotter van die mark nadat toetse verhoogde vlakke van aflatoksien getoon het.
# Die IVP onthul môre sy verkiesings-manifes
# En, fietsry: Mooiweer, hoë temperature en ligte briesie voorspel vir die meer as 30-duisend deelnemers aan die Kaapstad-fietstoer
# Die Nasionale Verbruikerskommissie ondersoek Clover vir beweerde oortreding van die Wet op Verbruikersbeskerming. Dit volg nadat die maatskappy tien-duisend-776 eenhede van Go Nuts-grondboontjiebotter 400-gram onttrek het, nadat toetse verhoogde vlakke van aflatoksien getoon het. Die onttrekking volg op soortgelyke stappe verlede maand deur Pick n Pay, Dischem, Wazoogles, Eat Naked en Woolworths. Die kommissie moedig verbruikers aan om die produk terug te neem. Hy waarsku die gifstof, wat deur sekere swamme veroorsaak word, kan ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak as dit in groot hoeveelhede ingeneem word.
# Die Inkatha Vryheidsparty sal môre sy manifes by die Moses Mabhida-stadion in Durban onthul. As Suid-Afrika se vierde grootste party en die hoof-opposisie in KwaZulu-Natal, is sy manifes gemik op die uiteensetting van sy planne vir nasionale herstel. Die president van die IVP, Velenkosini Hlabisa, sê die manifes spruit uit sy onlangse beleidskonferensie. Hlabisa beklemtoon die behoefte aan doeltreffende leierskap:
# Die polisievakbond SAPU loof die Departement van Openbare Werke vir die instel van ‘n interne ondersoek na wanbestuur by die Telkom Towers-kompleks en ander eiendomme in Pretoria. Die polisie het verlede week een van die geboue weens veiligheidsvrese ontruim. Daar is onthul net een van die nege geboue is geskik bevind vir gebruik deur die polisie. Lesiba Thobakgale van SAPU sê die omstandighede is onaanvaarbaar:
# Berigte oor beweerde taxigeweld en padsluitings is in die Tokai-gebied in Kaapstad aangemeld. Die konfrontasies is na wat berig word tussen die twee taxi-verenigings Cata en Codeta. Die polisie is op die toneel om die verdiepende stryd oor eienaarskap van roetes te hanteer. Dit volg op ‘n onlangse reeks taxi-verwante skietery, wat sedert Januarie die dood veroorsaak het van minstens agt bestuurders, drie eienaars en ‘n pendelaar.
# En, fietsry: Deelnemers aan môre se jaarlikse Kaapstad-fietstoer kan mooiweer, hoë temperature en ‘n ligte bries verwag. Meer as 30-duisend fietsryers het vir die ikoniese wedren ingeskryf, vir óf die uitmergelende 109-kilometer-afstand óf die 42-kilometer. Dit wedren begin met Tafelberg in die agtergrond. Die direkteur van die Kaapstad-fietstoertrust, David Bellairs, sê daar is meer as 30 plekke langs die roete waar toeskouers na die deelnemers kan gaan kyk en hul aanmoedig, of hulle kan die fietsryers op ‘n opsporingstoepassing volg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….