Nuus 11:00
BULLETIN 6 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Vier mense word ondervra in verband met Joslin Smith se verdwyning
# Donald Trump sê die presidentskap is syne
# En rugby: Rassie Eramus is baie tevrede met sy afrigtingspan se eerste strategiese vergadering
# Die Wes-Kaapse polisie het bevestig vier mense, twee mans en twee vroue, word ondervra in verband met Joslin Smith se verdwyning in Saldanhabaai. Die jong meisie het verlede maand uit haar haar gesin se huis in Middelpos weggeraak. Die polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, sê speurders het tydens hulle ondersoek talle plekke in die Weskus-dorp besoek en talle ander mense ondervra:
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake doen ‘n beroep op die Departement van Binnelandse Sake om die ondersoeke te verhaas, na vals visums en permitte wat uitgereik is. Die departement het meer as 300-duisend gevalle uitgewys wat verband hou met die uitreiking van vals visums en permitte. Die departement berei nou voor om ten minste 94 mense aan die Valke te oorhandig vir ondersoek, nadat 28 ander reeds aan die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke oorhandig is. Die komitee sê alle personeellede wat met wangedrag verbind word, sal aanspreeklik gehou word.
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê hy werk nou saam met Eskom om alle aanlegverwante tekortkominge aan te pak, wat sal lei tot ‘n beduidende verbetering in die kragvoorsiener se uitset. ’n Opera-evalueringsverslag oor die werking van Eskom se steenkoolkragstasies is verlede week vrygestel. Dit sê die onderprestasie van die steenkoolkragstasies kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ‘n wanfunksionele en ingewikkelde bestuurstelsel. Ramokgopa sê daar word tans pogings aangewend om die bedryfsvermoë van Eskom se aanlegte te verbeter.
# Amerika se president, Joe Biden, en oudpresident Donald Trump is ná die Super Dinsdag-uitslae op koers om mekaar weer in November se algemene verkiesing te takel. Albei het in hulle onderskeie Demokratiese en Republikeinse benoemingsverkiesings oorwinnings behaal in state soos Kalifornië, Texas, Virginia en Noord-Carolina, wat baie verteenwoordigers het. Nikki Haley het Vermont se Republikeinse benoemingsverkiesing gewen. Trump sê hy het groter vertroue dat hy weer president sal word:
# Rugby: Die Springbokke se hoofafrigter, Rassie Eramus, is baie tevrede met sy afrigtingspan se strategiese vergadering van twee dae in Kaapstad. Die nuwe verdedigingsafrigter, Jerry Flannery, die nuwe aanvals-afrigter, Tony Brown, en die uitgetrede internasionale skeidsregter, Jaco Peyper, wat tans die nasionale reëlraadgewer is, het by hom aangesluit. Drie-en-veertig spelers woon vandag ‘n belyningskamp by, waar die afrigtingspan se beplanning en besprekings voortgesit word. Die Bokke begin op 22 Junie hul internasionale seisoen teen Wallis op Twickenham in Londen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-58-sent teen die euro en 24-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-677-dollar-3-sent. Die prys van goud is twee-duisend-127-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-36-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….