Nuus 09:00
BULLETIN 20 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Oxfam sê die G20-leiers moet die inisiatief ondersteun om wêreldwye ongelykheid aan te pak
# Die GOOD-party sê Suid-Afrika moet sterker optree teen Palestynse immigrante
# En die DA sê skole het gevaarsones geword
# Die drukgroep Oxfam doen ‘n beroep op lande wat die G20-leiersberaad bywoon om Suid-Afrika se inisiatiewe te ondersteun en die groot rykdom-ongelykheid en skuld wat ontwikkelende lande kniehalter, aan te spreek. Volgens nuwe ontledings het die wêreld se top-een-persent tussen 2000 en 2024 41-persent van alle nuwe rykdom ingesamel terwyl net een-persent na die onderste 50-persent gegaan het. Oxfam sê hy ondersteun Suid-Afrika se aanbeveling dat ʼn nuwe Internasionale Paneel oor Ongelykheid ingestel word. Hy sê dit sal ʼn groot stap wees om die ongelykheidskrisis te hanteer.
# Die GOOD-party sê dis totaal onvanpas van Suid-Afrika om diè wat die onverwagte aankoms van 153 Palestyne verlede week in land gereël het, te kritiseer. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die vlug wat die vlugtelinge vervoer het, was deel van ‘n duidelike agenda om Palestyne uit Gaza en die Wesbank te verwyder. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die Israelse regering het ‘n slinkse bose plan beraam om mense vir hul eie gedwonge verskuiwing te laat betaal:
# Die DA in Gauteng doen ʼn beroep op die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, om dringend ʼn werkbare plan voor te lê om skole in die provinsie veilig te maak. Dit volg nadat die hoof en ʼn administratiewe personeellid Dinsdag by die Inxiweni Primary School in Tembisa op die skoolterrein doodgeskiet is. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê hierdie sinnelose moorde bevestig hul bekommernisse en versterk die idee dat skole gevaarsones geword het:
# Twee beoordelaars het onttrek aan die Mej Heelal-kompetisie wat môre in Thailand plaasvind. Die Libanees-Franse musikant Omar Harfouch het sy besluit op Instagram aangekondig en beweer ‘n impromptu-jurie het finaliste voor die kompetisie reeds verkies. Ure daarna het die Franse sokkerafrigter Claude Makélélé ook aangekondig hy onttrek weens onvoorsiene persoonlike redes. Die bedankings volg twee weke nadat verskeie deelnemers uit ‘n vooraf-geleentheid gestap het oor omstrede opmerkings deur ‘n verteenwoordiger van die gasheerland. Die Mej Heelal-organisasie het Harfouch se bewerings ontken.
# Sokker: Die Marokkaanse spelers, Achraf Hakimi en Ghizlane Chebbak, is by die CAF-toekennings in Rabat onderskeidelik aangewys as Afrika se man- en vroue-sokkerspelers van die jaar. Verdediger Hakimi het ʼn uitstekende seisoen beleef met vyf trofeë vir Paris Saint-Germain, onder meer die klub se eerste Kampioeneliga-kroon. Chebbak is die eerste Marokkaanse vrou om die topprys te wen. Pedro Leitao Brito is aangewys as Afrigter van die Jaar nadat hy die Kaap Verdiese Eilande gehelp het om vir hul heel eerste Wêreldbeker te kwalifiseer. PSG-president Nasser Al-Khelaifi was vol lof vir Hakimi:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 22-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-289-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-78-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….