Nuus 09:00
BULLETIN 13 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika wag op Ramaphosa se toespraak oor die politieke inmenging in die polisie
# Palestynse amptenare sê die skietstilstand-gesprekke in Gaza is op die rand van ineenstorting
# En rugby: Die All Blacks klop Frankryk in hul tweede toets met ses drieë
# Suid-Afrikaners wag vanaand op president Cyril Ramaphosa se toespraak oor die plofbare aantygings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het senior polisie en politieke leiers betrek by misdaadverwante inmenging. Dit volg nadat die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, drie parlementêre komitees opdrag gegee het om die saak dringend te ondersoek. Ramaphosa sal na verwagting stappe aankondig om die sekerheidsintegriteit en openbare vertroue te herstel te midde van ‘n eskalerende politieke en polisiëringskrisis.
# Die geskorste uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, sê hy en die hoofbeleggingsbeampte, Sefotle Modiba, word geteiken oor die blootlegging van korrupsie. Dit volg op ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na ‘n huurkontrak van 79-miljoen-rand wat na bewering onwettig aan Mowana Properties toegeken is. Letsoalo ontken enige wangedrag en bevestig verkrygingsprosedure is gevolg. Hy beweer dat diegene wat betrek word hul aansien skade berokken en dat swart bestuurders vervolg word omdat hulle korrupsie uitwys:
# Die GOOD-party het die jongste massaskietery Vrydagaand in Bishop Lavis wat die lewens van vier mense geëis het veroordeel. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê sonder verhoogde polisieteenwoordigheid of openbare reaksie, het die moorde op die Kaapse Vlakte ‘n daaglikse gebeurtenis geword. Hy sê volgens misdaadstatistiek vind 81-persent van Wes-Kaapse moorde in Kaapstad plaas. Hy het die Stad en provinsie beskuldig dat hulle die groter probleem verskans en nie die oorsake van geweld aanspreek nie:
# Onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Katar oor ‘n nuwe skietstilstand- en gyselaar-vrylatingsooreenkoms is op ‘n mespunt. Dit is volgens Palestynse amptenare wat besonderhede van die besprekings ken. ‘n Senior amptenaar het aan die BBC gesê Israel het “tyd gekoop” met premier Benjamin Netanyahu se besoek aan Washington hierdie week. Hulle het die proses ook vertraag deur ‘n afvaardiging na Doha te stuur wat nie werklike gesag het om besluite oor sleutelpunte te neem nie. Die amptenaar beweer ook Israel het ‘n langtermyn strategie van gedwonge verplasing onder die dekmantel van humanitêre beplanning.
# En sportnuus:
# Sokker: Dit is Engeland teen die Franse in ‘n langverwagte wedstryd met Chelsea en Paris Saint-Germain wat sokkergeskiedenis gaan maak op Amerikaanse bodem in vandag se FIFA Klubwêreldbeker-eindstryd by die MetLife-stadion. Dit is PSG se debuut in die kampioenskap, en ‘n oorwinning sal hul eerste wêreldbeker-titel verseker. Vandag se eindstryd is meer as net die trofee, aangesien die wenner ook 179-miljoen-rand ontvang. Die eindstryd herleef die wedywering in die Kampioeneliga in 2016 toe die Franse span met agtereenvolgende 2-1 oorwinnings geëindig het.
# En rugby: Die All Blacks het bordjies verhang met ‘n klinkklare oorwinning teen die Franse besoekers en die tweede toets met 43-17 gewen op die Sky Stadium in Wellington. Hulle het nou ‘n voorsprong van 2-0. Die swart pette het teen rustyd met 29-3 voorgeloop ná drieë deur Cam Roigard, Ardie Savea, Codie Taylor en Tupou Vaa’i. Dit volg na ‘n naelskraapse oorwinning van 31-27 in die vorige toets. In Adelaide het vleuel Duhan van der Merwe ‘n driekuns behaal vir die Britse en Ierse Leeus en die Australië/Nieu-Seelandse uitnodigingspan met 48 – 0 getroef.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….