Nuus 09:00
Intro Nuus Template –
BULLETIN 12 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# NotInMyName-leier veroordeel mes-aanval op CPUT-student en moord op ‘n Sibanye Stillwater-werknemer
# Pro-Palestynse betogers verswelg Londen
# En, gholf: Homa soek na glorie by die “Africa Major”
# Die leier van die NotinMyName-organisasie, Siyabulela Jentile, het die mesaanval op ‘n vrouestudent by ‘n CPUT-koshuis veroordeel. In ‘n video op sosiale media kan gesien word hoe ‘n man ‘n jong vrou, wat glo sy vriendin is, herhaaldelik steekwonde toedien. Jentile sê dit volg kort op die hakke van nog ‘n video wat die rondte doen van ‘n werknemer by die Sibanye Stillwater-myn op die Wes-Rand wat sy kollega by ‘n hostel aanval:
# DA gaan met CPUT-bestuur ontmoet na geslagsgeweld-voorval op kampus [KLANK] – # Die DA gaan Dinsdag ‘n oorsigbesoek saam met die bestuur van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie bring om oplossings te vind na ‘n geslagsgeweld-voorval op die kampus. Chantel King van die DA sê die tragiese gebeure is ‘n wekroep vir die dringende behoefte aan die verbetering van veiligheidsmaatreëls op kampusse en in koshuise en studente huisvesting oral in die land. Sy voeg by geslagsgeweld is steeds ‘n ernstige kwessie in die samelewing en onderwysinrigtings moet veilige plekke wees, sonder geweld:
—# Honderde duisende mense het in sentraal-Londen aan ‘n opmars deelgeneem en slagspreuke geskreeu soos “Stop Bombing Gaza” en “Ceasefire now”. Dit was die grootste Palestynse solidariteitsbetoging wat tot dusver in Brittanje gehou is. Die polisie beraam sowat 300-duisend betogers het aan gister se opmars deelgeneem. Dit het op dieselfde dag geval het as die jaarlikse Wapenstilstand-dag, wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog herdenk en diegene eer wat in gevegte gesterf het. Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het die tydsberekening van die betoging bevraagteken as sou dit geen respek toon nie.
# Gholf: Die Amerikaner Max Homa het ‘n voorsprong van een hou in vandag se eindronde van die Nedbank-uitdaagtoernooi. Hy het gister in die derde ronde 69 aangeteken wat 13 onder baansyfer is. Homa is een hou voor die Franse speler Matthieu Pavon, wat 70 behaal het by die Sun City Gary Player-buiteklub. Nicolai Højgaard en Thorbjørn Olesen is albei op 11 onder baansyfer, met die verdedigende kampioen Tommy Fleetwood wat vandag op sewe onder baansyfer gaan afslaan.
# En ten slotte: meer as 130-duisend Suid-Afrikaanse wat vir die eerste keer vir identiteitsdokumente aansoek gedoen het, moet nog hul dokumente by Binnelandse Sake afhaal. Adjunkminister, Njabulo Nzuza, bevestig baie kantore het hul werksure verleng sodat dit makliker is om identifikasiekaarte te kry, veral in die lig van die komende spesiale registrasienaweek. Nzuza benadruk die departement se verbintenis om te verseker alle stemgeregtigde kiesers is in besit van hulle identifikasiekaarte voor volgende jaar se algemene verkiesing:
Speel klankgreep:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….