Nuus 09:00
BULLETIN 28 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika wag steeds vir ‘n aankondiging oor die aanstelling van ‘n kabinet
# Die maatreëls vir ‘n komende nasionale dialoog word uiteengesit
# En Joe Biden struikel in ‘n uitdagende debat met Donald Trump
# Twee weke na sy inhuldiging as president, het Ramaphosa nog nie ‘n kabinet aangekondig nie. Boonop het onderhandelinge tussen die ANC en die DA nou verskraal tot briewe en telefoonoproepe tussen leiers wat kibbel oor kabinetsposisies, veral dié van Handel en Nywerheid. Volgens News24 het die DA gisteraand vergader om die pad vorentoe te bespreek terwyl die ANC nie wil toegee oor die Departement van Handel en Nywerheid nie. Die party maak gereed om ʼn regering sonder die DA te vorm met partye wat hom in die Parlement kan help in wantroue-mosies en om begrotings te aanvaar.
# ‘n Verslag deur Smile ID oor ID-bedrog het Suid-Afrika bo-aan die lys vir die vasteland geplaas vir die uitfasering van die groen strepieskode-identiteitsboek. Ondanks die slim identiteitskaart wat meer as tien jaar gelede h ingestel is, het die regering steeds nie die ou ID’s geskrap nie. ‘n Sekuriteitskenner, Andy Mashaile, onderstreep die kwesbaarheid van die groen ID weens diefstal en bedrog. Hy het aan SABC News gesê die kans dat bedrog met slim ID’s gepleeg kan word is vyf maal skraler:
# Die Thabo Mbeki-stigting sê die komende nasionale dialoog wil maatreëls uiteensit wat nodig is om Suid-Afrika se politieke krisis op te los. Ná die stigting se oproep vir beraadslaging oor die land se toekoms, het voorsitter Geraldine Fraser-Moleketi die behoefte aan kollektiewe pogings uit alle sektore van die samelewing beklemtoon. Sy sê die dialoog sal gemeenskappe op alle vlakke betrek om die land se politieke, ekonomiese en maatskaplike samehorigheid te laat herleef:
# Talle Amerikaners was gisteraand bekommerd oor Joe Biden se ouderdom en bevoegdheid as president. ‘n Gewese kongreslid, Stephanie Murphy, het aan die BBC gesê daar was oomblikke dat Biden se ouderdom duidelik was en mens nie kon verstaan wat hy sê nie. Sy sê Donald Trump het egter onwaar uitsprake gemaak waarvan die feite eers nagegaan moes word. Sy is ook bekommerd oor Trump se onwilligheid om in te stem om die verkiesingsuitslag te aanvaar. Sy sê in die geheel het die debat Biden se hoë ouderdom beklemtoon, terwyl die gekontroleerde formaat van die debat Trump gehelp het om sterker te vertoon.
# Rugby: Die 14de Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap word van môre tot 19 Julie vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Moederstad aangebied. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die wêreld se 12 beste nasies meet oor vyf wedstryd-dae kragte op die Athlone-stadion, die Kaapstad-stadion en Danie Craven-stadion in Stellenbosch:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-49-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 23-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-469-dollar-25-sent. Die prys van goud is twee-duisend-322-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….