Nuus 09:00
BULLETIN 21 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IVP sê verskille oor die regering van nasionale eenheid moet uit die weg geruim word
# Namibië kondig ‘n nasionale noodtoestand af te midde van ‘n ernstige droogte
# En rugby: Engeland kom teen hulle voormalige afrigter, Eddie Jones, te staan in Japan
# Die IVP sê hy neem kennis van die voortslepende openbare geskille tussen die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en Helen Zille van die DA. Dit hou verband met klousule 24 van die regering van nasionale eenheid se verklaring van voorneme. Die IVP-woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê die party se president, Velenkosini Hlabisa, het die IVP se onderhandelingstaakspan opdrag gegee om met albei partye te beraadslaag. Hlengwa sê die geskille moet dringend tydens ‘n gesamentlike vergadering uitgeklaar word. Hy voeg by hulle beskou nie die huidige situasie as ʼn krisis nie.
# Eskom in Gauteng het ‘n brief aan die Stad Johannesburg en City Power geskryf waarin hy eis dat hulle vandag nog hul kragrekening van 3,4-miljard-rand volledig vereffen. Eskom se woordvoerder, Amanda Qithi, sê die Hooggeregshof in Johannesburg het beveel dat die metroraad en City Power een-miljard rand plus rente vir die onbetaalde rekening moet betaal. Qithi sê dit was nodig omdat Johannesburg en City Power sedert Oktober sy rekening nie gereeld betaal nie:
# Bewaringsgroepe waarsku dat die Afrika-pikkewyn teen 2035 uitgewis kan wees indien daar nie spoedig opgetree word nie. Hulle het met regstappe teen die staat begin om die gebied te beskerm waar dié voëls hul kos vandaan kry. Pikkewyngetalle het die afgelope eeu met 97-persent gedaal en minder as tien-duisend broeipare is oor. Hul beperkte toegang tot prooi is die grootste rede ir die krisis, omdat hulle met vissersbote moet meeding wat voortdurend sardyne en ansjovis by die ses grootste broeikolonies vang waar nagenoeg 90-persent van Suid-Afrika se pikkewyne voorkom. Die saak is vir Oktober op die rol geplaas.
# Die regering van Namibië het ‘n nasionale noodtoestand uitgeroep weens ‘n ernstige droogte. Hy het 830-miljoen-rand vir noodleniging bewillig. Die adjunk-eerste minister, John Mutorwa, het ‘n befondsingstekort van 484-miljoen-rand aangekondig. Woordvoerder I-Ben Nashandi sê swak reënval het gelei tot ‘n vermindering van 53-persent in oes-opbrengste en damme is net 55-persent vol. Hy sê die verligtingsprogram sluit in voedselbystand aan nagenoeg 342-duisend huishoudings en die verskaffing van water:
# Rugby: Engeland kom weer van aangesig tot aangesig met voormalige afrigter, Eddie Jones, vir môre se toets in ‘n snikhete Tokio teen ‘n nuwe Japanse span. Die kwik sal 30-grade in die Japannese hoofstad bereik vir Jones se eerste wedstryd sedert sy terugkeer na Japan as afrigter. Die vurige Australiër het Engeland in 2019 tot die eindstryd van die Wêreldbeker gevoer en het ‘n onervare span gekies met vier nuwelinge, insluitende ‘n universiteitspeler. ‘n Skare van 65-duisend word in ‘n volgepakte Nasionale Stadion verwag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 22-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-523 dollar-63-sent. Die 60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….