Nuus 09:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Raad van Kerke bid vir die land se politieke oorgang
# City Power verskerp sy veldtog teen onwettige koppelings en vir inkomste-invordering
# En, rugby: VRK-hartseer vir die Stormers maar die Bulle is deur
# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het sy spesiale vergadering van die Nasionale Forum van Kerkleiers afgesluit. Leiers het Suid-Afrika se politieke rigting bespreek terwyl partye onderhandel oor ‘n regering van nasionale eenheid. Die president van die raad, Thabo Makgoba, het die dringendheid benadruk om ‘n regering tot voordeel van alle Suid-Afrikaners te vestig. Hy vra politieke leiers om voorkeur te gee aan inklusiwiteit, vrede en stabiliteit:
# City Power verskerp pogings om hierdie winter dwarsoor Johannesburg onwettige koppelings te verwyder en inkomste-invordering te verbeter. Die stappe is om druk op die stelsel te verlig en miljarde in onbetaalde rekenings in te vorder. Waarnemings toon hoё gebruik van elektrisiteit deur onwettige koppelings of waar daar met meters gepeuter is, wat lei tot beduidende stygings met piektye saans. Om dit te beheer word ladings gedurende piektye in meer as 80 gebiede verminder, met kragonderbrekings van twee-en-‘n-half uur daagliks totdat die netwerk gestabiliseer is.
# Europeërs in 20 lande stem op die laaste en grootste stemdag vir die Europese Parlement. Europa se middel-regse groepering sal na verwagting regoor die Europese Unie die beste vaar, maar drie ver-regse party kan dalk nasionaal die beste vaar. Die National Rally in Frankryk, Broers van Italië in Italië en die Vryheidsparty in Oostenryk loop voor in peilings, en so ook die separatistiese en teen-immigrasieparty in België, Vlaams Belang.
# Rugby: Met Glasgow Warriors se twee drieë in die laaste vyf minute het die Skotse span gisteraand ‘n klipharde oorwinning oor die Stormers behaal in hulle kwarteindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Losskakel Manie Libbok het al vier sy skoppe pale toe verbrou. In Pretoria het Kurt-Lee Arendse twee keer vir die Bulle gedruk in hulle oorwinning van 30-23 oor Benetton, wat ‘n tuis-halfeind verseker. Arendse is laat in die eerste helfte hospitaal toe gehaas nadat hy en Malakai Fekitoa koppe gestamp het. Die Bulle speel Saterdag tuis teen Leinster.
# En ten slotte: Die Gautrein herdenk 14 jaar in bedryf. Die woordvoerder Albi Modise sê die eerste rit in 2010 was van Sandton-stasie na die OR Tambo Internasionale Lughawe , net betyds vir die FIFA Sokker-wêreldbeker. Gautrein het sedertdien nagenoeg 192,8-miljoen passasiers vervoer. Volgens Modise handhaaf hulle ‘n beskikbaarheid en stiptelikheid van 90-persent op die netwerk van tien stasies wat Johannesburg, Pretoria, Ekurhuleni en die lughawe verbind:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….