Nuus 09:00
BULLETIN 31 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nomvula Mokonyane sê die ANC is bekommerd oor die resultate in KwaZulu-Natal
# Israel se Nasionale Eenheidsparty dien ‘n wetsontwerp in om die Parlement te ontbind
# En atletiek: Akani Simbine en Prudence Sekgodiso blink uit vir Suid-Afrika
# Die ANC se eerste adjunkhoofsekretaris, Nomvula Mokonyane, sê sy hoop steeds vir ‘n volstrekte meerderheid. Die WNNR het gister gesê die ANC behoort 42-persent stemme te kry wat ʼn skerp daling is van sy 57,5-persent in die algemene verkiesing in 2019. Mokonyane sê hulle is bekommerd oor die uitslae in KwaZulu-Natal, waar die MK-party tans voorloop:
# Met net meer as 50-persent van die stemme getel, is die ANC nasionaal steeds voor met 41,93-persent. Die DA is tans tweede met 23,43-persent en die MK Party derde met 10,58-persent. In Gauteng loop die ANC voor met 33,21-persent, gevolg deur die DA met 29,31-persent en die EFF met 12,84-persent. In die erg betwiste KwaZulu-Natal is MK op 44,86-persent, die ANC tweede met 18,94-persent en die IVP op 17,42-persent. In die Wes-Kaap loop die DA voor met 54,63-persent van die stemme, gevolg deur die ANC met 18,83-persent en die Patriotic Alliance met 9,32-persent.
# Die vakbond Giwusa sê hy is sterk gekant teen die Suid-Afrikaanse Reserwebank se houding om weer nie die rentekoers te verlaag nie. Die bank se monetêre beleidskomitee het besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 8,25-persent te hou en voer groter onsekerheid aan as rede. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, sê die besluit om rentekoerse dieselfde te hou al het inflasie sedert 2022 aansienlik gedaal, help nie die sukkelende ekonomie nie:
# Israel se Nasionale Eenheidsparty, onder die leierskap van die oorlogskabinetslid Benny Gantz, het ‘n wetsontwerp voorgestel om die land se parlement te ontbind en nuwe verkiesings uit te roep. Gantz het vroeër vandeesmaand gedreig om hom aan die regering te onttrek as die oorlogskabinet nie teen agt Junie ‘n plan uiteensit om gyselaars te bevry en Hamas uit te skakel nie. Deur die wetsontwerp voor te stel, kry die party nou die geleentheid om dit ter tafel te lê, waarna hulle sal stem om te besluit of hulle die parlement in September sal ontbind en in Oktober weer verkiesing sal hou.
# Atletiek: Akani Simbine van Suid-Afrika het’n klinkende oorwinning in die mans 100-meter by die Diamond-League-byeenkoms in Oslo Noorweë behaal. Hy het die seisoen se beste tyd van 9,94 sekondes behaal deur Abdul Hakom Sani Brown van Japan onder die stof te hardloop, met Emmanuel Eseme van Kameroen derde. Nog ‘n Suid-Afrikaner Prudence Sekgodiso het die 800-meter vir vroue in ‘n tyd van een minuut-58,66-sekondes afgelê, met Natoya Goule-Toppin van Jamaika tweede.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-78-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-532-dollar-18-sent. Die prys van goud is twee-duisend-342-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….