Nuus 09:00
BULLETIN 11 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Sioniste-Federasie is hoogs ontsteld oor démarche teen Israeliese ambassadeur in SA
# Die DA verbind hom tot herstel van finansiële stabiliteit in Tshwane
# En, Krieket: Die laaste drie Wêreldbeker-groepwedstryde word hierdie naweek gespeel
# Die Suid-Afrikaanse Sioniste Federasie is hoogs ontsteld oor die démarche wat die Departement van Internasonale Betrekking en Samewerking teen die Israeliese ambassadeur in Suid-Afirka uitgereik het. Die federasie sê die departement is uit voeling met die vrye wêreld en die Midde-Ooste se posisie teen die internasionale terroriste organissasie Hamas. ‘n Woordvoerder, Rolene Marks, sê die departement het gekies om hom openlik met wat sy noem die anti-semitiese kultusbeweging te vereenselwig wat verantwoordelik is vir verkragting, moord en die ontvoering van honderde Israliese burgerlikes, insluitend vroue, kinders en bejaardes:
Speel klankgreep: ENG RoleneonDIRCO
# Solidariteit waarsku die regering se optrede bring die stand van Suid-Afrika in die gedrang met die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, ‘n sleutelkomponent van Amerikaanse handelswetgewing. Ondanks positiewe opmerkings op die onlangse AGOA-forum, dui berigte aan die Amerikaanse senator, Chris Coons, doen weer ‘n beroep vir die heroorweging van Suid-Afrika se voordele. Die vakbond voer aan die Amerikaanse Senaat is toenemend krities oor Suid-Afrika se buitelandse beleid, wat moontlik sy AGOA-deelname in gevaar stel. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê Suid-Afrika se belangrike belastingvrye uitvoer na die Amerikaanse mark, ter waarde van 178-miljard-rand, is op die spel.
Die DA in Tshwane het beloof hy gaan finansiële stabiliteit in die stad herstel en hy beskou die oplossing van die onwettige staking as ‘n betekenisvolle stap vorentoe. Kwena Moloto van die DA sê die inwoners van Tshwane kon eenvoudig nie die las van die vakbond se eis van 600-miljoen-rand jaarliks dra nie want dit sou van die begroting moes kom wat aan dienslewering toegesê is. Moloto sê die stryd om Tshwane te red, duur voort:
# Die Nasionale Mynwerkersvakbond het met groot kommer kennis geneem van die hernieude veiligheidsbedreiging by die Modderfontein Oos-goudmyn in Springs, Ekurhuleni. Die NUM het bevestig hy het Woensdag ‘n wenk ontvang van ‘n beplande gyselaarsituasie by die myn toe die nagskofwerkers ondergronds sou gaan. Sy amptenare en ampsdraers het onmiddellik die myn besoek. Mlulameli Mweli van die NUM sê hulle is erg onthuts dat veiligheidsbedreigings steeds by die myn opduik.
# En laastens, krieket: Die laaste drie Wêreldbeker-groepwedstryde vind vandag plaas en net een kan ʼn invloed op die halfeindstryde hê. Australië het reeds gekwalifiseer en speel tans teen Bangladesj, terwyl Pakistan Engeland later vandag moet klop om ʼn kans te staan om te kwalifiseer. Môre kom die gashere, Indië, wat boaan die punteleer is, teen Nederland te staan, wat daarna huiswaarts keer. Die Engelse kolwer, Dawid Malan, sê hoewel die verdedigende kampioen nie die groepfase oorleef het nie, is hy ingenome met sy eie vertoning:
Speel klankgreep: ENG Dawid Malan
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….