Nuus 09:00
BULLETIN 22 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa verleng die ontplooiing van die Weermag by Eskom-kragstasies
# Numsa gaan by SA Steel Mills staak oor die afdanking van 162 werkers
# En Suid-Afrika wen ‘n rekord 38ste goue medalje by die Chelsea-blommeskou
# President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Eskom verleng. Hy het in Desember 2022, altesaam 746 soldate by Eskom-kragstasies ontplooi. Die doel was om die polisie te help om die kragstasies te beskerm waar sabotasie, diefstal en ander misdade die werking en elektrisiteitsvoorraad bedreig het. Die geraamde koste is sowat 204-miljoen-rand. Ramaphosa het intussen ook die ontplooiing van twee-duisend-300 weermaglede verleng om die polisie te help om onwettige mynbedrywighede te voorkom en te bekamp. Hierdie koste word op 349,9-miljoen-rand geraam.
# Die metaalwerkersvakbond Numsa sê sy werkers by SA Steel Mills in Johannesburg, wat as Alfeco Holdings handel dryf, gaan van vandag af staak. Dit volg na die maatskappy 162 werkers afgedank het wat op die 16de van verlede maand aan ‘n staking deelgeneem het. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die Arbeidshof het bevestig die staking is beskermd en het die maatskappy se bestuur beveel om nie werkers te dissiplineer of af te dank nie:
# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika het die Internasionale Strafhof se aansoek vir lasbriewe vir die inhegtenisneming van Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, sy minister van Verdediging en drie Hamas-leiers verwelkom. Dit is vir vermeende oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Israel en die Gaza-strook. Die organisasie sê diegene wat verdink word van misdade onder internasionale reg moet aanspreeklik gehou word, ongeag hoe magtig of hooggeplaas hulle is.
# Sokker: Chelsea-bestuurder Mauricio Pochettino het sy pos na net een sy seisoen met wedersydse instemming verlaat. Die 52-jarige Argentyn het die Blues na die Carabao-beker-eindstryd, die FA-beker-halfeindronde en ‘n sesde plek in die Premierliga gelei. Pochettino sê die klub is nou goed op dreef om in die jare wat kom vooruit te gaan in die Premierliga en Europa. Moontlike plaasvervangers sluit in Kieran McKenna van Ipswich, Enzo Maresca van Leicester, en Sebastian Hoeness van Stuttgart.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-7-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-306-dollar-15-sent. Die prys van goud is twee-duisend-412-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-23-sent per vat.
# En om mee af te sluit: Suid-Afrika se uitstalling by die Chelsea-blommeskou in Londen het goud gewen. Die inskrywing is deur die windverwaaide hange van die Kaapse berge geïnspireer. Ontwerper Leon Kluge en kunstenaar Tristan Woudberg het ʼn groep vrywilligers gelei om vanjaar se veelbekroonde uitstalling saam te stel wat groot kleibeelde ingesluit het as agtergrond vir fynbos-snyblomme. Dit is Suid-Afrika se 38ste goue medalje by die Chelsea-blommeskou sedert 1976. Kluge sê hulle het 22-duisend stele vir die uitstalling gebruik:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….