Nuus 09:00
BULLETIN 1 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die onderbreking in beurtkrag verlaag voedselprysinflasie in Suid-Afrika
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik bepleit ‘n markgerigte prysbepaling in die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering
# En tennis, Rafael Nadal buig die knie teen Jiří Lehečka in sy laaste Madrid Ope-wedstryd
# Laer vlakke van beurtkrag het gelei tot ‘n daling in voedselpryse in Suid-Afrika, wat verligting aan verbruikers bied. Die hoofekonoom by die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, sê daar is ‘n beduidende afname in voedselinflasie, en dis nou op 4,9-persent die laagste sedert September 2020. Ondanks kommer oor droogtes, bly boere in staat om hul oeste te besproei. Vleispryse is besig om te stabiliseer, maar daar is steeds uitdagings met mielieproduksie. Wêreldvoorrade verminder egter die risiko’s. Sihlobo is versigtig optimisties en verwag matigheid in pryse, veral vir groente, vrugte en vleis.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê intussen ten spyte van sy ondersteuning van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering, is ‘n verskuiwing na markgeoriënteerde pryse nodig vir groter mededinging en doeltreffendheid. Outa ag die wetsontwerp noodsaaklik vir die herstrukturering van elektrisiteitsvoorsiening, maar stel die verfyning van terminologie voor asook die beperking van ministers en reguleerders se diskresionêre bevoegdhede. Hulle doen ‘n beroep op die Gekose Komitee oor Grondhervorming, die Omgewing, Minerale Hulpbronne en Energie om die aangewese rolle en bevoegdhede in die wetsontwerp noukeurig te hersien.
# Die DA sê die visum-agterstand by die Departement van Binnelandse Sake het binne ses maande met byna 20-duisend gestyg. Die agterstand het gestyg van 74-duisend in Augustus verlede jaar tot 92-duisend in Februarie vanjaar. Ten spyte van bewerings oor besoekersvisums wat voorkeur ontvang, is die agterstand vir eggenote wat met Suid-Afrikaners getroud is, op meer as 41-duisend, die hoogste onder visumkategorieë. Die DA-lid, Angel Khanyile, kritiseer die departement omdat hy versuim het om hierdie kwessies aan te spreek, wat lei tot verhoogde litigasie en geleenthede vir korrupsie:
# Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria het die saak teen die oud-kommissaris van polisie, Khomotso Phahlane, en vyf medebeskuldigdes tot 3 Julie uitgestel. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê die beskuldigdes word van bedrog en korrupsie aangekla wat verband hou met kontrakte ter waarde van 54-miljoen-rand. Bewerings spruit uit onreëlmatighede met verkrygings tydens die #FeesMustFall-protesaksie, wat ongemagtigde aankope van sagteware behels. Mamothame sê die beskuldigings sluit in dekkingkwotasies en onbehoorlike verkrygingsprosesse. Al die beskuldigdes is tans uit op borgtog:
En ten slotte tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Rafael Nadal, sê dit was ‘n baie emosionele week nadat hy sy laaste verskyning ooit by die Madrid Ope gemaak het. Hy is ‘n vyfmalige kampioen in die Spaanse hoofstad en het sy laaste wedstryd met 7-5, 6-4 teen Jiří Lehečka verloor. Die 37-jarige Spanjaard het aangedui hy beplan om ná die 2024-seisoen uit te tree. Nadal hoop dat hy dalk vir ‘n laaste keer aan die Franse Ope sal kan deelneem. Hy het die toernooi in 2023 vir die eerste keer in 19 jaar weens ‘n besering misgeloop. Die toernooi begin op 26 Mei op Roland Garros.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….